Successfully reported

Verified Reviews

West Coast

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast

Rated 4.5 out of 5 based on 6855 reviews.

Calypso Beach, West Coast

Crystal Lagoon Lodge

"Safe, clean and well managed estate."

Paternoster, West Coast

Pikkewyntjie

"Paternoster is 'n Weskusdorpie wat mens nie moet mis nie. Daar is heerlike restaurante, pragtige gastehuise en 'n strand wat wyd strek. Die winkeltjies is oulik en verkoop sonderlinge ware wat mens nie oral sal kry nie. Die vars vis en kreef wat mens direk van die bote af kan koop en wat proe soos see, is 'n definitiewe trekpleister. Alhoewel die wind kan waai, is Paternoster 'n plekkie wat ek oor en oor en oor sal besoek."

Yzerfontein, West Coast

83 Dassen Island

"Mooiste plek. 'n Stukkie hemel op aarde wat mooi weggesteek is. Rondom Yzerontein is daar baie ander strande om te sien. Melkbos, Blouberg en Langebaan is net 30 minute weg (Langebaan het 'n mall). Dis 'n lekker klein dorpie met die vriendlikste mense wat altyd regstaan om te help. Van die viswinkel tot die nethied van die Spar is alles die moeite werd en sal ek enige iemand aanraai om 'n draai te maak. Die strand is mooi skoon en die son sak reg voor jou. Sal beslis weer kom kuier!"

Doringbaai, West Coast

Thornbay Accommodation

"Stil plekkie by die see vir rus en vrede."

Jacobs Bay, West Coast

Klokkiebosch

"Bly asseblief so ongerep! Moenie meer kommersialiseer nie! Dit lyk nog soos die Weskus behoort te lyk!"

Klawer, West Coast

Lemoenkloof Farm

"Goed om deur te ry en rustig, maar die tyd van die jaar is daar nie veel te doen nie. Klawer-wynkelder was 'n goeie besoek. Die dametjie het 'n baie goeie wynproe aangebied."

Lamberts Bay, West Coast

Raston Guest House

"'n Besoek aan Voel-eiland word sterk aanbeveel. Die malgas broei-kolonie is iets besonders."

Doringbaai, West Coast

Thornbay Accommodation

"Doringbasi is rustig, vreedsaam en vriendelik. Fryers Cove het die beste vis van Kaap tot Kairo."

Lamberts Bay, West Coast

West Coast Eagle's Nest

"Besoek Lambertsbaai gerus tydens buiteseisoen. Dit is stil en perfek om weg te kom van 'n gejaagde lewe van die stad. Daar is baie om te sien en doen, meeste besienswaardighede is binne 60 kilometer. Die restaurant se eienaars is vriendelik en bedien die lekkerste seekos. Johan by Weskus Restaurant het ons baie welkom laat voel en Tersius by Muisbosskerm was 'n wonderlike gasheer. Maak jouself gereed vir lekker kuier met goeie kos en wyn."

Yzerfontein, West Coast

Swept Away Guesthouse

"'n Pragtige, rustige plek vir ontspanning en vakansie! Yzerfontein is besonder netjies en inwoners is baie behulpsaam. Verseker 'n besoek werd! "

Paternoster, West Coast

Bokkoms Guest Flat

"Pragtig en pure plesier. Wolfgat Restaurant is 'n besonderse ervaring."

Paternoster, West Coast

Paternoster Place

"'n Fantastiese vakansiedorp met karakter en wonderlike mense. Verseker 'n moet op almal se lysie."

Langebaan, West Coast

Flamingo Park A2

"Sal weer na ons gunstelingbestemming gaan. Baie dankie."

Lamberts Bay, West Coast

Languedoc Verblyf

"Ons kuier in Lambertsbaai was genotvol."

Langebaan, West Coast

Lagoonside @ 77

"Langebaan is 'n wonderlike plek vir 'n vakansie. "

Lamberts Bay, West Coast

Seester Accommodation

"Lambertsbaai sal altyd 'n plek in my hart hê - die vriendlikheid en al sy restaurante - daar is altyd iets om te doen en hy spog met fantastiese strande."

Lamberts Bay, West Coast

Sir Lambert's Guest House

"Beautiful spot with a relaxed atmosphere on the West Coast."

Dwarskersbos , West Coast

Jubel n Juig Self-Catering

"Heerlike uitspanplek as jy rus en vrede soek."

St Helena Bay, West Coast

Goblin's Inn

"Sal volgende keer in St Helenabaai verblyf soek - lyk na oulike dorpie."

Lamberts Bay, West Coast

Languedoc Verblyf

"Geen vars vis te koop! Wat gaan aan? Die calamari by Weskuskombuis is uit die boonste rakke. Jammer so ver van Kaapstad anders was ons elke tweede aand daar. Lambertsbaai se mense is ons soort mense. Voor aanbouings 3 ster, na aanbouings gewis 4 ster."

Yzerfontein, West Coast

Captains Cabin

"Asemrowende vakansiedorpie."

Paternoster, West Coast

Strandlopertjie

"Paternoster is 'n pragtige dorpie, ons het die kuier daar werklik geniet."

Lamberts Bay, West Coast

Branders Accommodation

"Pragtige plekkie om uit te span en die nog plattelandse kusdorp se vriendelikheid te geniet."

Langebaan, West Coast

Accommodation Unwind

"Pragtige dorpie met beautiful plekkies! Die Thali Thali Game Reserve was wonderlik! Fossielpark so interessant, 'n stop die moeite werd! "

Yzerfontein, West Coast

No17 on Mile16

"Ek was werklik aangenaam verras met die dorp. Die Spar is fantasties - mens kan alles daar kry wat jy nodig het. Goeie verskeidenheid produkte - ook heerlike vars produkte en gebak. Ook die restaurant waar ons gaan eet het, was 'n totale verrassing. Lulu's by die sportklub - heerlikste kos en atmosfeer. Verder is die dorp rustig - mense loop langs die strate met hul honde - dis stil en soms is al wat jy hoor die geruis van die see. Baie naby Darling met talle aktiwiteite om te geniet. Pragtig! "

Jacobs Bay, West Coast

De Ware Jacob

"Die dorpie is ideaal vir 'n wegbreek van die jaag en geraas van die stad. Wat dit lekker maak is dat daar geen winkels is, behalwe vir die kafee en restaurant, so jy voel regtig asof jy kan ontspan en jou eie ding doen. Lekker roetes om te stap langs die see met mooi strande. Sal beslis weer hierdie klein Weskus juweel besoek."

Page
Page 210 - Showing 6271 to 6300
Search broader areas

Welcome to LekkeSlaap

Welcome back!

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account

Log in to your LekkeSlaap account linked to

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers