Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 6855 reviews.
"Daar is so baie te sien en te doen daar dat drie dae nog te min sal wees."
"Pragtige natuur en dit is rustig met nie baie mense nie. Ongelukkig is daar nie 'n lang strand om op te stap nie, maar 'n mens kan wel op paadjies tussen die pragtige Weskus-plantegroei stap. "
"Geweldig beïndruk met Velddrif. Velddrif is ongerep, die mense sout-van-die-aarde, lieflike mense. Nie kommersieel soos omringende dorpies nie. Bokkomlaan met die stofstraat regs langs die vlei bekorend met o.a. die interessante winkel, Ek en Djy Vissery asook Flamingo Trading Post waar ons heerlike vars engelvis oor die kole gebraai en geniet het asook die gashere Mark en Petra. Ek het onmiddellik begin uitkyk vir eiendom."
"Pragtige plekkie, ideal vir klein kindertjies om te swem in die lagoon. Heerlike eetplekke. "
"'n Mens sal net verwag dat restaurante gedurende die feesseisoen later as 21:00 sal oop bly! "
"Baie netjiese dorp en daar is 'n mens weg van die alledaagse gejaag van 'n groot dorp."
"Beweerde misdaad waarteen almal ons gewaarsku het, is ontrustend en dit bring 'n negatiewe aspek in by die verblyf, want ons kon nie werklik ontspan en rus nie. "
"Lekker gekuier in Klawer se hotelkroeg. Die mense is baie vriendelik en het ons baie laat lag."
"Mooiste vakansiebestemming. Net jammer dat van die restaurante 'n redelike arrogante houding het as jy net 2 mense is. "
"Ek sal Yzerfontein sien as 'n bestemming wat met 'n boek en goeie wyn deurgebring moet word."
"Jacobsbaai is 'n pragtige plekkie. Indien jy 'n rustige wegbreek wil maak is dit ideaal. Asemrowende omgewing."