Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 6855 reviews.
"Langebaan is 'n pragtige vakansiebestemming wat baie vir toeriste bied en daar is ook baie om te sien en te doen in die omgewing."
"Pragtige plekkie met die mooiste see en strand. Geniet die winkeltjies en snuisterye!"
"Velddrif is redelik interessant met die Vissery Museum, asook Bokkomlaan met die bootritte, Dit is ook naby ander Weskus-aantreklikhede. Goeie eetplekke."
"Vir buiteseisoen vakansiehou was dit wonderlik. Tydens binneseisoen is daar te veel mense na ons smaak. "
"Dit is maar 'n klein plattelandse dorpie wat nie veel bied nie, maar mooi omgewing as die wingerde groen is."
"Nie almal hou van die Weskus nie, maar dit is hulle probleem! Ek sal enige tyd weer teruggaan."
"If you are looking for a place to put your feet up, braai, walk on the beach and drink lots of wine, this is the place for you."
"Jacobsbaai is beautiful. Rustig en stil langs die see. Dit is 'n klein plekkie en voel of dit baie afgeleë is, maar dit is darem ook naby Vredenburg waar die nuwe Weskus Mall nou ook oop is."
"Die Weskus is die toekomstige vakansie-mekka in die Wes-Kaap. Hier is die mense nog plat op die aarde."
"My siel kry kos in hierdie stil eenvoudige dorpies. As jy 7 ster-diens en -verblyf soek, doen dit êrens anders. Hier kom jy om te rus en om vis te eet. Muisbosskerm was lekker en die kos is uit die boeke. Ek sal beslis weer kom."
"Jacobsbaai is die perfekte plek om tot rus te kom. Baie mooi, klein en rustig, daar is nie restaurante nie, so jy moet self jou kos saambring."
"Parternoster Hotel se kos is uitstekend en baie van die ander hotelle in die Weskus kan by hulle leer. Dankie vir julle goeie diens. "