Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 6855 reviews.
"Geen vars vis te koop! Wat gaan aan? Die calamari by Weskuskombuis is uit die boonste rakke. Jammer so ver van Kaapstad anders was ons elke tweede aand daar. Lambertsbaai se mense is ons soort mense. Voor aanbouings 3 ster, na aanbouings gewis 4 ster."
"Pragtige plekkie om uit te span en die nog plattelandse kusdorp se vriendelikheid te geniet."
"Pragtige dorpie met beautiful plekkies! Die Thali Thali Game Reserve was wonderlik! Fossielpark so interessant, 'n stop die moeite werd! "
"Ek was werklik aangenaam verras met die dorp. Die Spar is fantasties - mens kan alles daar kry wat jy nodig het. Goeie verskeidenheid produkte - ook heerlike vars produkte en gebak. Ook die restaurant waar ons gaan eet het, was 'n totale verrassing. Lulu's by die sportklub - heerlikste kos en atmosfeer. Verder is die dorp rustig - mense loop langs die strate met hul honde - dis stil en soms is al wat jy hoor die geruis van die see. Baie naby Darling met talle aktiwiteite om te geniet. Pragtig! "
"Die dorpie is ideaal vir 'n wegbreek van die jaag en geraas van die stad. Wat dit lekker maak is dat daar geen winkels is, behalwe vir die kafee en restaurant, so jy voel regtig asof jy kan ontspan en jou eie ding doen. Lekker roetes om te stap langs die see met mooi strande. Sal beslis weer hierdie klein Weskus juweel besoek."
"As jy in 'n mooi plek wil bly en nie omgee om naby die see te wees nie, is dit 'n lekker plek om te bly."
"'n Rustige wegbreek area. Jammer dat die pad na Doringbaai in so 'n swak toestand is dat ons na 'n paar kilometers moes omdraai."
"Dalk meer inligting oor eetplekke, besienswaardighede van plase in omgewing waar produkte verwerk word, en na gekyk kan word. Baie min mense het kennis van Tee-verwerking, aartappels plant, oes, ens. Visfabriek-toere / verwerking van vis. Kaart van goeie visvangplekke."
"Maak seker jy gaan eet by die vele restaurante - van die beste in Suid-Afrika!"
"Need to visit for longer so that more seafood can be consumed. Musibosskerm remains a great evening."
"Ek hou van die wit huisies met die swart dakke. Dit is uniek aan die Weskus. Hou dit so."
"Paternoster is 'n plekkie waar mens nie veel winkels moet verwag nie. Hul kan net gerus ook op Sondae en Maandae oop wees. Dit lyk of die dorp Sondagmiddag toemaak, en eers ontwaak op 'n Dinsdag oggend! Ons het ongelukkig Sondag middag 3 uur daar aangekom, en Dinsdag oggend weer moes ry. Ons het direk van die lughawe daar aangekom, en was nie voorbereid dat daar niks oop sal wees nie. Buiten dit, pragtige dorpie!"
"Jacobsbaai het baie gegroei die afgelope 20 jaar, en bly een van die mees private kusdorpies in die omgewing. Ek sien dit bou steeds dat dit klap en groei sterk."
"'n Dorpie weg van die alledaagse werk- en woonplek. Die uitleg en die huise van Jacobsbaai maak dit 'n besonderse bestemming. Hoop dit bly so sonder winkels en verkeer."