Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36824 resensies.
"Paarl is 'n baie mooi dorp en die omgewing ook. Ons het dit baie geniet om daar rond te ry en plekke te besoek."
"Perfect setting, enjoyed the walk along the beach and the friendly people."
"Absoluut die moeite werd om te besoek. Heerlike restaurante, wynplase, olyfplase ... 'n juweeltjie in die Groot Karoo!"
"Altyd 'n hoogtepunt op my reise, selfs net vir 'n daguitstappie."
"Lieflike dorp, veral in die Lente - al die strate ruik soos lemoenbloeisels."
"Ek is gaande oor Ceres vandat ek die eerste keer in 2010 daar was. Sedertdien was ek twee maal in die Kaap en het albei kere het ek 'n punt gemaak daarvan om in Ceres te stop. Daar is 'n oulike geskenke winkel naby die Pick 'n Pay. Ons het nogal geniet om daar deur te loop. Verder is dit net lekker om so mooi dorpie teen die berge in te neem. Vir iemand soos ek wat van vlieghengel hou, is Ceres fantasties omdat byde die Koekedoudam en Lakenvleidam in die omgewing is. Daar is ook 'n paar stroompies om forel in te vang. "
"Ladismith is 'n vriendelike dorp, 'n goeie voorbeeld van eg Suid-Afrikaanse gasvryheid."
"Dis 'n absolute wonderlike plattelandse dorpie en beslis net die regte medisyne vir 'n uitgeputte stadsiel. Ek gaan beslis in die toekoms ten miste een keer per jaar in Prins Albert gaan uitspan. "
"Mossel Bay is just another experience on the whole. Calm, relaxing and a beautiful destination."
"Citrusdal is 'n oulike dorpie met heelwat om te sien. Die internet se resensies is eintlik minder duidelik. Indien jy in Citrusdal 'n draai maak, stop gerus by die Sandveldhuisie. Dit is 'n oulike winkel. Jy kan daar ook hoor oor ander besienswaardighede. Ons het meeste van ons inligting daar gekry."
"Baie skoon, sien nie papiere of enigiets wat rondlê in Kusweg en op sypaadjies nie. So anders as vele ander dorpe en stede."
"Jacobsbaai is 'n pragtige klein dorpie wat rustigheid vir jou siel verskaf - wonderlike rusplek vir 'n naweek weg."
"Baie om te doen en sentraal ten opsigte van Tuinroete. Oulike restaurante, sal Senza by The Heads aanbeveel."
"It is truly spectacular with beautiful scenery and so centrally located."
"Melkbosstrand is 'n uitstekende bestemming vir mense wat nie werklik van die stad se gevoel hou nie. Dit voel soos platteland, maar naby genoeg aan alles wat Kaapstad en voorstede 'n mens kan bied. Pragtige strand en vriendelike mense. Die busdiens maak dit ook moontlik om na die Kaapse middestad te gaan teen billike pryse."
"Baie moontlikede in die omgewing. Die pad na Robertson bied die geleentheid om die natuur te geniet."