Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36824 resensies.
"Very clean with lots of old style homes and beautiful view of Langeberg mountains."
"Ons is oortuig daarvan dat die dorpie wel ryk is aan geskiedenis en kulturele skatte, maar daar is ook 'n steurende kommersiële invloed. Ons het die indruk gekry dat die oorspronklike karakter van die dorp verbloem word deur 'n oor-entoesiastiese toeriste-fokus. Dit wil voorkom asof die dorpie 'n naweek-dorpie geword het vir kunstenaars en stadsvlugtelinge. Soos 'n toenemende aantal dorpe in ons platteland word Pince Albert amper 'n spookdorpie in die week."
"Franschhoek is beautiful en ek sal dit aan enige iemand aanbeveel wat lief is vir wyn en lekker kos."
"Groenpunt has not much to offer, but is close enough to everything - one can even walk to the V&A and to town, so from that point it's suitable."
"Baie lekker, rustig skoon met asemrowende natuurskoon. Die kreef depot kan gerus 'n bietjie van sy tonne krewe beskikbaar maak aan die toeriste, hetsy met 'n kreefinligting en braaigeleenthede, of vir selfs braai ten minste een maal per week in Desember."
"Somerset West is centrally located - near the airport, a stones throw from Cape Town, the winelands and other sights. It's quieter and safer than Cape Town."
"Montagu is regtig 'n pragtige omgewing met die mooiste natuurskoon. Doen gerus die moeite en besoek die omgewing."
"Geweldige rustige en veilige dorpie en is hoogs aan te beveel. Blyk dat die inwoners almal van netjiese omgewing hou en daarom is alle tuine en sypaadjies seker so goed versorg."
"Die dorp Prins Albert het ons baie beïndruk. Ek dink hier word ongelooflik baie gedoen vir die mense van die gemeenskap. Swartbergpas 'n moet vir die besoeker asook 'n besoek aan "Die Hel". Wow!"
"'n Geheim van die Weskus. Wat 'n stunning, pragtige, skoon en veilige dorp met die mooiste strand. Moenie vir te veel mense vertel nie!"
"Riebeeckstrand self is maar meestal 'n residensiële area, so dit is dalk minder geskik vir mense wat hou van baie winkeltjies en restaurante. Melkbosstrand is wel baie naby, en met die puik busdiens kan mens eintlik maklik enige plek heen gaan van daar af. Dit is meer bekostigbaar as ander dele van die Weskus, en die strande is baie skoon en stil. "
"Pragtige plek. Sal volgende keer langer wil bly. Ongelooflike mooi tonele."