Verified Reviews
Ballito
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Ballito
Rated 4.7 out of 5 based on 547 reviews.
"Sjoe die nuwe malls het nou alles. Ons hoef nie eers meer Gateway toe te ry om te gaan fliek nie."
"Baie moderne winkels. As die weer nie reg is vir die strand nie, is daar ander dinge om te doen. Lekker eetplekke."
"Strande is en word baie mooi skoon gehou. Daar is alles wat jy nodig het om lekker vakansie te hou."
"Beautiful town with a clean coastline. Awesome nature surroundings and mostly friendly people. Will definitely visit Ballito in the future."
"Baie mooi, maar ook redelik rustig buite seisoen. Sou sê dit is goed vir mense wat die see waardeer en vir iets minder besig en meer veilig as sentraal Durban soek."
"Ons geniet Ballito ten volle elke keer as ons daarheen gaan met vakansie."
"Lieflike restaurante met heerlike kos te kies en te keur. Kan beslis Ryan's Kitchen aanbeveel."
"Ballito self het al die nodige fasiliteite, maar die strand self was nie vir my geskik vir swem nie. Ek moet ook erken dat die weer heel moontlik 'n rol daarin kon speel, maar met die hoeveelheid rotse is die kanse tot besering baie groter. Daar is genoeg sitplekkies op die boardwalk om die "view" te aanskou en vir die ouer mense wat net wil ontspan. "
"Wonderlike bestemming - so baie om te sien en doen. Besonder skoon en veilig."
"Baie rustige kusdorp, definitief 'n plus vir hengel van die rotse af. Ideaal vir mense wat lief is vir stap en die natuur. "
"Ballito is 'n ongelooflike skoon en netjiese dorp met baie uitbreiding vir beleggers. Ek sal ongelukkig nie die strand as swemstrand voorstel nie, as gevolg van al die rotse. "
"Ons is mal oor Ballito. Lekker staproetes. Die rotse is heerlik vir kind en grootmense. Die eetplekke is baie goed en geniet dit veral om by The Galley Beach Bar te eet. Ballito is n plek vir 'n gesin om vakansie te hou."