Geverifieerde Resensie
Bloemfontein
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bloemfontein bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 1512 resensies.
"Naby geleë aan groot winkelsentrums, sportstadions, hospitaal en universiteit. Stil voorstad van Bloemfontein en heel gepas vir gastehuise."
"Goed geleë vanwaar die reisiger gemaklik die Vrouemonument en Ooorlogsmuseum kan besoek. Voorts kan President Brand-straat met sy geskiedkundige geboue (Ou Raadsaal, Appélhof, MT Steynhuis, Stadsaal) en selfs Navil Hill, gemaklik besoek kan word."
"Verskeidenheid plekke om van te kies vir verblyf. Naby universiteit en besigheidssentra geleë."
"Kon nie by alles uitkom maar was na Cheetah Experience en het dit baie geniet!"
"As gevolg van studente behuising in die omgewing is dit baie raserig soms en sal aanbeveel dat hul met studente huise ooreenkomste aangaan om orde te probeer hou oor naweke."
"Gewoonlik algemene buurt. Nie vir die "upper class" nie. Dié sal definitief fout vind! "
"Daar is 'n paar gastehuise wat baie netjies is en alles bied teen 'n bekostigbare prys."
"Goeie area om te bly. Dis naby winkels en universiteit en alles wat mens nodig mag kry."
"59 Plenty is 'n heerlike restaurantjie in die omgewing vir ontbyt en lieflike koffie deur die dag!"