Geverifieerde Resensie
Bloemfontein
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bloemfontein bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 1512 resensies.
"Dis maar 'n gewone voorstad wat wel rustig en veilig voorkom. Dit is ook sentraal geleë."
"Groot plek en alles mooi uiteengesit om plekke vinnig te vind en sekuriteit baie behulpsaam daar."
"Ons was baie verras met die vriendelikheid in die stad. Daar is ook baie geskiedkundige plekke om te besoek."
"Die gastehuis is in 'n stil straatjie, af van die besige dubbelpad. Dit is gerieflik naby die hipermark, Hyperama en Rosepark Hospitaal. "
"Dit is naby winkels en petrolstasie, asook naby die N1 wat gemaklik is vir iemand wat deur reis solank jy net weet watter strate dood loop en hulle vermy is jy fine."
"Bainsvlei is uitstekend as oornagverblyf. Route 66 Pub is baie naby vir mense wat bietjie wil ontspan."
"Ons moes 'n UV-funksie in Bloemfontein bywoon en kon ongelukkig nie veel van die toeriste-besienswaardighede besoek nie. Met 'n volgende besoek sal ons graag die verskillende museums wil besoek. Bloemfontein bied baie vir toeriste - die WindMill Casino, Rugby-Stadion, malls, museums ens. "
"Easily accessible from N1. I cannot really rate the precinct or say more because our time there was limited."
"Heuwelsig is 'n gevestigde, veilige woonbuurt wat stil is, met goedversorgde eiendomme. Ek sal die area en hierdie blyplek kan aanbeveel."
"Baie lekker. Maak seker jy gaan draai by die vrouemonument en ook by Tempe Armor Skool. Baie interessant! "