Geverifieerde Resensie
Bloemfontein
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bloemfontein bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 1512 resensies.
"Baie veilige en rustige area. Baie netjies en naby aan die nodigste inkopiesentrums. "
"Is naby sport-stadion, universiteit, hospitaal en verskeie winkelsentrums. Goeie ligging om by belangrike punte uit te kom. "
"Ek sal dit nie as toeristebestemming aanbeveel nie maar wel vir sakebesoeke, of soos in my geval, om iemand in die nabygeleë hospitaal te besoek."
"Dit is gerieflik naby aan die universiteit en winkelsentrums. Die vullissakke wat oor die naweek in die strate gestaan het, is egter 'n seer-oog! "
"The sunsets are amazing! Although we felt they can improve on signage, we managed to find our way around easily enough. We had loads to do but managed to visit the lovely waterfront as well as the Mimosa Mall. We will have to go back for more. "
"Vir enigiemand wat naby die universiteit moet wees, is hierdie die plek."
"Daar is 'n mooi tweedehandse winkel in die omgewing met baie goeie items teen 'n baie goeie prys. Goeie eetplek sowat 15 kilo's weg. Buiten dit sou ek nie sê dis nie 'n toeristebestemming nie. Eerder net 'n goeie rustige area om 'n ruskansie te neem op die lang pad vanaf Kaapstad."
"Alles was puik. Aanwysings hoe om daar te kom, ontvangs, oornag geriewe, heerlike ontbyt. Rustig na die hele dag op 'n besige roete van die Kaap af. Sal dit graag aanbeveel. "