Geverifieerde Resensie
Bloubergstrand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bloubergstrand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 326 resensies.
"Het pragtige strande binne 'n kort afstand met lekker en veilige aftrekplekke om Tafelberg, die see, en in die verte Robbeneiland te kan besigtig. Baie lekker eetplekke ook wat oor die see uitkyk. "
"Mal oor Blouberg. Gaan elke jaar terug. Alles wat jy nodig het in een plek. Shopping malls nuut en gerieflik naby. Beste restaurante ooit. Mense vriendelik."
"Die grootste probleem met die Kaap is die wind, en die beperkte hoeveelheid paaie in Kaapstad in. Andersins, spesifiek met betrekking tot Bloubergstrand was dit 'n heerlike area om in te bly. Ons kon strand toe stap om na die kite surfers te kyk. Daar was ook werkende parkies naby vir ouers met kleiner kinders. Die dorp beskik oor verskeie geriewe van winkels, kitsbanke, tot restaurante en besienswaardighede, en is binne ry-afstand van vele meer bestemmings. Iets vir almal binne 'n redelike afstand."
"Baie mooi uitsigte oor Tafelberg. Lekker om die strand te stap en 'n klomp restaurante, kuierplekke en inkopiesentrums baie naby geleë. "
"Bloubergstrand word die nommer een vakansiebestemming. Strande skoon en netjies met sigbare sekuriteit. "
"Safe to walk on your own. Close to everything. Great variety of restaurants. Can recommend On the Rocks. Super location for a holiday. Already contemplating my next stay there!"
"Geen fout met die area nie. Mooi strand en alle winkels lekker naby. Sou net graag meer tyd daar wou spandeer, maar is lekker sentraal geleë. Naby Kaapstad, Bloubergstrand en binnelandse bekende wingerdplase."