Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 2513 reviews.
"Die mense in die dorp is gasvry en ons het heerlik geëet by die hotel se restaurant. Kan sien die dorp gaan gebuk onder die droogte en die leë dam net buite die dorp is 'n hartseer gesig. Ons hoop 2021 bring vir hul reën en baie toeriste. Victoria-Wes is 'n heerlike oornagbestemming op pad see toe."
"Covid-19 het die gemeenskap ook benadeel. Die toeneem van bedelaars in die dorp is ‘n sigbare bewys dat die pandemie sy merk op die gemeenskap gelaat het."
"As jy regtig wil afsluit van die mensdom is dit die plek. Outydse charm is volop. En jy kan loop na jou hartelus. Wens ek kon daar gaan bly."
"Stil, karaktervolle Karoo-dorpie. Nie baie op die toerisme mark gefokus nie, meer op die sjarmante, rustige omgewing."
"Ons het laat ingekom en vroeg gegaan maar jammer soos vele ander dorpe in ons land is die verval maar 'n seerpuntjie vir almal."
"Eerste indrukke is glad nie goed nie. Paaie in baie swak toestand, vol slaggate, paaie eenkant geteer en die anderkant is grondpad."
"Dit is 'n klein dorpie waar jy veilig voel so in die middel van die Karoo. Voorwaar die ideale dorpie vir oorslaap."
"Maak seker dat jy reeds jou inkopies gedoen het in 'n ander dorp as jy op 'n Sondagmiddag aankom. Slegs paar kafees oop gekry vir ys en koeldrank."
"Nee veel te doen in Hanover nie, maar mooi uitsigte as jy die koppie uitklim."
"Baie jammer dat hierdie pragtige dorpie van vroeër so verval het. Is gebore op buurdorp."
"Sal graag langer wou bly. Uilhuis was ongelukkig gesluit. Doen navraag oor openingstye."
"Baie interesante dorp en omgewing, waar die tyd stil gestaan het. Dit is iets om te beleef."
"Quiet little Karoo town with an interesting history. Deserves at least 2 nights stay."