Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 2513 reviews.
"Die resturant was voldoende, maar na 18:00 is dit maar 'n probleem om iets te koop in die dorp. Ons het ongelukkig net die dorp in die donker gesien."
"Pragtige plekkie, wens ons kon langer daar bly om die hele dorpie te beleef - baie rustig en stil oor 'n langnaweek."
"Pragtige dorpie! Onthou net dat die restaurant in die dorpie toe is op 'n Sondag."
"Ek het gedink Richmond is 'n "one horse town", maar was aangenaam verras. Mooi dorpie met klomp restaurante, wat ongelukkig nie oop was nie, aangesien ons daar was op 'n vakansiedag."
"Ek dink ek sal maklik daar kan bly, baie rustig. Dit is 'n pragtige plattelandse plekkie."
"Victoria Wes is die perfekte rusplek tussen die noorde en die suide: rustige Karoodorp met die blouste lug bedags en die pragtige sterrehemel saans. Hier moet mens eintlik langer as net een aand oorbly."
"Nogal interessant as mens bietjie rondry en loop om al die oudhede en geboue te besigtig."
"Vanderkloof is 'n wonderlike plek om te gaan ontspan van die gejaag van die stad. Daar is genoeg om te doen. Die vriendelikheid en meelewendheid van die inwoners laat jou voel asof jy tuisgekom het."
"Ek was aangenaam verras met De Aar en het geniet om meer van die dorp te sien."
"Wanneer mens deur Victoria Wes reis, besef mens glad nie dat dit eintlik 'n pragtige dorpie is nie. Ons sou bitter graag nog 'n bietjie langer wou vertoef om die dorpie verder te verken. Ons was aangenaam verras."
"Hulle kan gerus die strate teer. Dit kan net goed wees vir die dorp en die toeriste."
"Dis 'n skoon dorpie en mens kan rus. Anders as die die dam is daar nie aktiwiteite nie. "
"Die standaarde op die dorp is ok. Britstown is n lekker 'stopover' op pad Weskus toe. "