Verified Reviews
Cederberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cederberg
Rated 4.3 out of 5 based on 684 reviews.
"In blomtyd lyk dele van die veld en akkers asof dit met sneeu bedek is, soos die wit magriet blom! Ander is weer 'n see van oranje; en dan stap jy tussendeur en sien blou sporrie, felicia, lachenalia, gladiool wegkruiper speel."
"Die meerderheid van die mense met wie ons in aanraking gekom het was nie baie vriendelik nie - gedink by die groot padstal sal die mense meer toeristevriendelik en hulpvaardig wees, maar toe nie. Vredendal se mense is baie vriendeliker."
"The town looks busy, bustling and well functioning, perhaps because of flower season. A good Spar in town so you can do your shopping here. And then plenty of eateries. Clanwilliam also seems to have a general neatness about it although I have to admit, we did not see the whole town."
"As j vir 'n wegbreek wil gaan, besoek Clanwilliam. Dis 'n awesome plek. Jy sal die rustige atmosfeer baie geniet."
"Spyt ek was nie al lankal daar nie: nou weet ek wat ek mis. Beplan alreeds klaar ons volgende kamp in Sederberge. Die mooiste pad tussen Clanwilliam en Citrusdal. Sederberg is nou my favourite plek."
"Ons het net deurgery vir die aand, so ek kan nie veel kommentaar lewer oor Clanwilliam nie, maar van die bietjie wat ek gesien het, is die mense vriendelik. Ek weet daar is 'n teehuis en verskeie buitelugaktiwiteite in die area - spesiaal vir klimmers en stappers."
"Kleinfontein is more designed for the nature enthusiasts who seek to be off-grid as much as possible, but the Wi-Fi kept me in touch with my business as the cellphone reception is patchy as it's in the mountains with very few people living in the area."
"Die meeste attraksies op die dorp was gesluit, maar die Velskoen en die museum kan aanbeveel word vir hulle uitstekende diens en vriendelike personeel. Die Rooibostee-huis se produkte is goed. Pragtige pas om uit te ry!"
"Citrusdal is gerieflik naby en daar is 'n Spar waar jy alles kan kry wat jy kan benodig."
"Van die paaie in Clanwilliam is 'n nagmerrie om te ry. Voel kompleet of ons 'n grondpad gery het toe ons Spar toe is. Parkering by Spar op 'n Sondag is 'n issue. Is toe mall toe na Pick 'n Pay wat rustiger was wat verkeer en parkering betref. Enigste outdoor restaurant wat die Sondag oop was wat die hondjie kon akkommodeer was vol."
"Surrounding country spectacular. Rock art amazing. We sensed security may be a challenge in some parts."
"Goeie toergids by ou Tronk en die dorp het heelwat geskiedenis wat interessant is."
"As jy vir 'n naweek gaan kuier, maak seker jy is vroeg op 'n Saterdag op om die toeriste-aantreklikhede oop te kry of maak vooraf seker van die tye aangesien sommige vroeg toemaak en ander glad nie oop is nie."
"Sal aanbeveel dat mense hul aankope nie in Citrusdal doen; dit is geweldig besig op 'n Vrydag en Saterdag met Spar vol seisoenwerkers. Doen aankope voor die tyd. Die garage het wel 'n kiosk vir die nodige."