Geverifieerde Resensie
Dinokeng Game Reserve
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Dinokeng Game Reserve bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 592 resensies.
"Regarding self-drive maps should be more accessible. The layout and means of access to self-drive routes from Siyaya and activities within the Reserve should be readily available. (Especially for first-time visitors who don't know how things operate)."
"I would just suggest that the "self drive route " signs be updated. We were caught a few times along roads that my car couldn't maneuver through."
"Wild was skaars maar die omgewing pragtig. Verkies die 'self-drive' opsie en kon rustig die plek verken. Ontvangs deur Susan en Robert was onberispelik en baie professioneel. Sal weer oorweeg in die toekoms. Kan baie sterk aanbeveel."
"Dinokeng is so naby aan Pretoria - die lekkerste ding is dat mens is binne 40 minute weer by die huis."
"Die bewaringsfooie is buitensporig. Die grondpad na die Wilderness Way-hek is in 'n toestand. Die sinkplate verniel alles wat daar oorry. Die bewaringsfooie is veronderstel om te gaan vir die onderhoud van die reserve en die paaie. Maar soos dit vir my lyk is dit soos Sanral-tolhekke en die geld verdwyn in die sakke van die top brass. "
"Ontsteld oor 'n volunteering ranger wat op ons geskree het omdat ons nie op 'n self-drive roete was nie. Hy was baie ongeskik en het met geen respek met ons gepraat nie. Daar was wel klomp ander karre ook op die pad, daar was geen bord dat ons nie daar mag in nie. Daar was slegs 'n bord wat sê dat dit wel 'n self-drive roete is."
"Goeie toeristebestemming en begeleide wildritte is baie leersaam en aan te beveel."
"Paaie bietjie moeilik vir 'n sedan - 2 bande beskadig a.g.v. gate in die pad. Verder is die reservaat netjies en skoon. Wild was maar bietjie sku ook."
"Baie lekker plek, het wel baie onvriendelike diens ontvang van die "voluntary rangers" af, maar verder is Dinokeng fantasties."
"Voorstel dat hulle die De Wagendrift-pad meer gereeld sal skraap. Die pad is redelik onaangenaam met 'n lae profiel kar/bande."
"Het dit baie geniet. Nie die Groot Vyf gesien nie, maar baie ander wild."
"Moenie onnodig te veel saamneem nie. Die Safari Mall het 'n wye verskeidenheid om aan die nodige behoeftes te voorsien. Los maar die gevrieste vleis by die huis en kry vars vleis teen goeie pryse by die slaghuis by Safari Mall wanneer nodig."
"Die reservaat is vreeslik mooi, dit is vreeslik moeilik om enige groot 5 wild te kry. Die Ranger app is ook nie hulpvaardig nie. Alternatiewe metodes is nodig om die ervaring beter te maak. Die "map" wat gegee was, was hulpvaardig maar die wild wat in elke gedeelte gesien kan word is nie akkuraat nie."
"Bespreekte wildrit beter as self ry aangesien hulle jou heelwat meer wild kan wys."
"Cannot wait for our return trip, already booked! Rangers are friendly, shops well stocked, and the animal sightings did not disappoint!"