Geverifieerde Resensie
Dwarskersbos
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Dwarskersbos bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 187 resensies.
"Daar is nie baie winkels nie - koop maar wat jy kan in Laaiplek. Die winkeltjies in die dorp se pryse is maar baie hoog. Die see is skoon, die strand is skoon, die dorp is skoon, as jy van die stad af kom is dit die teenoorgestelde. Presies dit wat mens nodig het om weg te kom."
"It’s the first time that we were in the area and it was so awesome and peaceful, specifically with the beach on your doorstep and shops around making it convenient for those items forgotten to bring with you on the trip."
"Hierdie was ons eerste besoek aan Dwarskersbos en ons het oombliklik verlief geraak op die pragtige skoon strand, mooiste sonsondergange en rustige atmosfeer. Daar is geen ander plek waar ons 'n seevakansie sal wil kom hou nie. Dwarskersbos het ons harte vir ewig gesteel."
"Unieke vakansie ligging. Die strand, rus en vrede was heerlik. Velddrif se spar verkoop alles wat jy nodig het in oormaat en van topgehalte. Pak net jou handdoek en hoed."
"Ons harte verloor op die omgewing - pragtige tuisvoel plek met soveel om te doen en te sien in die area."
"Ons ken Dwarskersbos redelik goed omdat ons ook baie in die karavaanpark deur gebring het, was dit tentopslaan of bly in die rondawel of huisies. Dit is 'n heerlike rustige dorpie waar 'n mens kan sit en regtig ontspan en jouself vind met die rustigheid van die dorp en nie die gejaag van die stad nie. Almal op die dorp is regtig baie vriendelik en sal enige iemand aanraai indien jy nog nooit in dwarskwersbos vakansie gehou het nie, gaan gerus en ondervind die rustigeheid wat dit jou bied."