Geverifieerde Resensie
Gansbaai
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gansbaai bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 780 resensies.
"Ons kon interessante plekke soos die pikkewynhospitaal en Walkerbaai se grot besoek. Gansbaai is ook naby genoeg vir 'n dagbesoek aan Hermanus."
"Die area waar Zeezicht geleë is en naasliggende De Kelders is 100% aanbeveelbaar."
"Ken vir Gansbaai baie goed, goeie hengelplekke, goeie pubs en baie om te doen en te sien vir groot en klein."
"Ek kom al jare van kleins af in Gansbaai, die plek laat my voel asof dit eintlik my huis weg van die huis is."
"Gansbaai is 'n asemrowende kusdorpie wat 'n vinnige en beskostigbare wegbreek uit die stad uit bied. "
"Een van die off the beaten track juwele - gaan maak 'n draai en geniet die pragtige natuurskoon en mense."
"Die area het baie om te besigtig. Ons tydjie was te kort om als te eervaar, dis hoekom ons definitief terug gaan."
"Dit sal goed wees as daar meer inligting oor die ligging van die grotte by De Kelders kan wees. En staproete na die grotte ens. Ek dink dat restaurantjies ook meer moet adverteer."