Geverifieerde Resensie
Gauteng
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gauteng bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 3192 resensies.
"Fantastiese ligging in Pretoria. My GPS was net bietjie deurmekaar om by die korrekte hek van die veiligheidsarea in te gaan, maar die groot aanwysings maak dat mens maklik jou bestemming bereik. Dis werklik naby Menlyn en die hoofweg."
"Die verblyf is lekker naby aan Forest Hill City waar ons tot laat aand ge-ysskaats het."
"Lekker naby die stad. Wilsritte se pryse verskil vanaf R180 pp tot R300 pp. Bespreek vroegtydig."
"My waarneming is dat Rietfontein 'n ou deel van Pretoria is, teenoor byvoorbeeld Montana net agter die Magaliesberg wat 'n meer moderne voorkoms asook groot winkelsentrums, sportgeriewe en toegang na talle gewilde handelsmerke bied. Rietfontein is plat en kouer in die winter, teenoor die noordekant van die berg wat 'n subtropiese klimaat saam met 'n uitsig noordwaarts bied. Gawe en vriendelike inwoners en gerieflike oornagverblyf ten spyt, vermoed ek Rietfontein kan doen met 'n vernuwingstrategie."
"Vra rond om uit te vind waar die beste wild is want die is baie skaars in Dinokeng. In drie dae van baie rondry (Julie) het ons net bokke en 'n paar kameelperde gesien. Baie min voëls, feitlik geen klein soogdiere nie. Maar andersins is dit baie rustig en 'n lekker, maklik bereikbare wegbreek naby Pretoria en Johannesburg."
"Die naamborde na die bestemmings kan beter aangedui word. Verder is dit 'n heerlike en lieflike omgewing."
"Edenvale is 'n ou dorp in 'n moderne stad en verskaf blyplek vir reisigers en sakereisigers op besoek aan Johannesburg."
"Vakansie in Pretoria is glad nie 'n slegte idee nie! Die doel van ons besoek aan Waterkloof was om aan sport deel te neem, maar op die ou einde het dit soos 'n regte vakansiegevoel. Meer as genoeg opsies vir baie pret en plesier!"
"Die winkelsentrums is baie naby aan mekaar en die mense is baie behulpsaam en vriendelik."
"Ons het heelwat boksoorte gesien. Ongelukkig net die spore van die olifante, maar was nie so gelukkig om renosters of enige van die katte in die Groot Vyf te sien nie."
"Ons was by The Crooked Tree hondepark. Lieflike park met netjiese, skoon geriewe. "
"Dinokeng is an amazing reserve with a lot of potential! We look forward to visiting again."