Geverifieerde Resensie
Hibiscus Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hibiscus Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1641 resensies.
"Die lekkerste plek om die see en die son te geniet in die hartjie van die winter sonder om gesteur te word deur massas mense."
"Ons familie hou al vir 7 jaar vakansie in die Ramsgate omgewing en Ramsgate se Blue Lagoon Beach is elke keer ons strand van keuse. Dis skoon, gerieflik en ontspannend, sekuriteit is tops asook polisie wat gereeld patrolleer, lieflike uitstallings, karwagte, wegneem etes - die Cheese Burger is "to die for" met die restaurant en cocktail deck wat die lekkerste kos en cocktails bedien met goeie gasvryheid en 'n warm vriendelike vibe! Lieflike skoon strand met wandel paadjies na woonstelle, braai areas asook die immer gewilde Waffle House! "
"Groepe mense wat sit en drink en dans en in die lagoon urineer. As mamma wat met haar kinderd op die strand gaan stap, voel jy onveilig om verby hulle te stap terug huis toe."
"Margate Beach is skoon en netjies. Daar is alles wat jy nodig het om jou vakansie te geniet en uitgerus terug te keer huistoe."
"Manaba strand word netjies onderhou. Mr Naidoo is vroeg oggend daar met die lewensredders en maak die gebied skoon en hark. Lilliecrona-boulevard is 'n awesome straat ook. Lekker vir stap, draf of fietsry."
"Dit is so rustig en netjies en nie 'n toeloop van mense nie, jy vat jou handdoek, stoel en mandjie en stap strand toe, geen gesoek vir parkerplek, gaan definitief weer en weer gaan."
"Baie lekker klimaat in die winter, met basiese geriewe beskikbaar. Heerlike ontspan-plek."
"Die enigste probleem is die verkeer. Om by die hoofpad aan te sluit is tydsaam, veral as `n mens wil noord draai in die hoofpad in. Jy moet lank wag vir `n veilige geleentheid om oor te ry en in te draai."
"It was a lovely place to stay. It had a great view facing the ocean. There were a variety of restaurants surrounding the area making it a convenient place to stay. The house came equipped with everything for a convenient stay, including DStv. The place was very safe and had very welcoming neighbours. The house was clean and tidy and had secure parking and had a beautiful garden. Will surely return."
"Everything you need is close by. Both mall's are close and lots of good places to go for breakfast, lunch or dinner. Just awesome."
"Daar is nie veel in Hibberdene nie, maar dit het ons nie gepla nie, want ons wou net rus. "
"Ons was in 'n stil tyd daar, maar dis hoe ons dit verkies; vriendelike diens, skoon, oop strande en moenie die Crayfish Inn vergeet nie, dis 'n kort rit na Ramsgate, maar hulle het beslis die beste seekos wat geld kan koop."
"Very nice, quiet area, just the place you would want to go to relax and unwind. Just a pity about the ongoing water problem, prospective holiday makers have to be told of this problem, so that they can make alternative holiday arrangements elsewhere."
"San Lameer has everything for young and old alike. It is really a wonderful place."