Geverifieerde Resensie
Kleinmond
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kleinmond bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 323 resensies.
"Kleinmond is 'n baie veilige omgewing met lae misdaad waarvan ons bewus is. Die infrastruktuur is in 'n goeie toestand en die kus bied baie vir die besoeker. Dit is sentraal geleë, maar sonder die gewoel van Hermanus of die Kaap. Dit het goeie verbindingsroetes na weste, ooste en noorde. 'n Winkelsentrum en vulstasie sorg vir die nodige koopbehoeftes."
"Dit was ons eerste maar gaan beslis weer. Lekker stappaadjies en natuur is pragtig."
"Die wandelpaaie langs die kus is met beton uitgelê wat 'n wandeling langs die kus baie gerieflik gemaak het. Restaurante baie goed en billik. Ons sal weer gaan na Kleinmond en Klein Panorame."
"See uitsigte is lieflik. Daar kan net meer vermaak ingebring word omdat daar nie veel is om te doen nie."
"Kleinmond is a gem of a place. Small, safe town with everything one needs right there. Well worth a visit."
"Awesome vakansie dorpie met heerlike eetplekke, en al die winkeltjies! Sal weer en weer kom. "
"Kleinmond is baie rustig en die natuur is wonderlik. Goeie rus vir jou siel en goed vir een se gemoed."
"Dit is 'n lieflike plek waar mens nog vrylik kan asemhaal. Die see se water is natuurlik yskoud, maar die uitsig as jy op die strand is maak op vir die koue water! Ons het 'n paar keer by verskillende restaurante geëet wat baie lekker was. Van die plekke by die hawe se kombuise maak 20:30 al toe (ek dink dis vroeg vir die Kaap waar dit eers 20:00 donker is!) en dis jammer dat daar nie meer van die omgewing se wyne op die spyskaarte is nie. Kleinmond is 'n plek vir ontspan!"
"Kleinmond is vir ons 'n topbestemming. Mens het nog die gevoel van klein dorpie by die see. Verkeer is minimaal...en die hawe bied lekker kuierplek. Kinders geniet die strandmeer bydie hoofstrand en mens gaan kruip weg ir die wind by Palmiet, waar jy kan swem...roei...braai en die wind los jou uit! Walvisse gesien op ons trippie in Oktober..."
"Dit was die eerste keer dat ons in Kleinmond vakansie gehou het. Ons hou van rustiger plekke, maar tog was dit lekker want al die nodige winkels was daar om proviand te koop - en boonop goeie gehalte goed. Ons het niks gemis nie."