Verified Reviews
Knysna
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Knysna
Rated 4.7 out of 5 based on 844 reviews.
"Knysna is die ideale plek vir 'n romantiese wegbreek - die Waterfront is effens leeggeloop maar Thesen Island is pragtig en mens kan veilig tussen die winkeltjies ronddrentel. Daar is heelwat restaurante om van te kies en Freshline Fisheries het heerlike seekos (op pad Thesen Island toe) - niks fancy nie maar uitstekende waarde vir geld en heerlik voorberei. Tappas & Oyster in Thesen Island is ook 'n lekker kuierplek - sonder enige tierlantyntjies en fieterjasies. The Bell Pub is ook 'n moet - mens voel of jy in 'n klein Village in Engeland sit. Ille de Pain Bakery - lyk heerlik - ons het die plekkie ongelukkig eers ontdek na middagete maar van buite het dit na die ideale plek gelyk vir lekker etes."
"Merk agteruitgang op wat Knysna se dorpsgebied betref in vergelyking met wat ons gewoond was in die verlede."
"Knysna (dorp) self baie agteruit gegaan, besoekers maar op hulle hoede wees in dorpsgebied."
"Knysna se mense was vriendelik en het ons na al die plekkies verwys waarvan net locals sal weet. Sal Knysna beslis weer besoek."
"Knysna bly 'n wêreldklasbestemming met te veel dinge om te doen en te sien. Boot rit na die Heads en restaurant by die Heads was van die hoogtepunte."
"Ek was baie beïndruk met die plek. Sal weer daar kom bly. Dis waarde vir geld. Sal die akkommodasie vir ander aanbeveel."
"Beste plek vir jou wittebrood. Baie dinge om te doen. 'n Week is nie genoeg nie."
"Brenton-on-Sea is verseker 'n beter opsie as Knysna self, maar ons love die hele omgewing en sal vir seker terug wees."
"Had a great lunch at Boawow in the foundation - it's simply a beautiful destination."
"Knysna is een van die Suid-Kaapse "gems", verkriklik ryk in natuur, dit bied jou letterlik alles!"