Verified Reviews
Mossel Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mossel Bay
Rated 4.8 out of 5 based on 2002 reviews.
"Baie sentraal, weg van die geroesemoes van vakansiegangers, maar binne bereik van alles."
Mossel Bay Central, Mossel Bay
Bay Vista Guesthouse"Baie netjies en was verbaas oor al die interessante winkeltjies/restaurante wat ontstaan het."
"Die plek is netjies en skoon en word goed onderhou. Die mense in Danabaai is baie vriendelik en behulpsaam."
"Ek beveel Voorbaai aan. Na my verblyf in Voorbaai sal ek nie sommer weer by Hartenbos vakansie hou nie."
"Baie mooi plek met vriendelike mense en skoon strande. Een baie opvallende ding, was die verkeer. Mense het nog respek vir ander padverbruikers, respek vir verkeersbeamptes/wetstoepassers. Ek gaan terugkeer vir 'n kuier Mosselbaai toe, maar baie beslis vir 'n langer periode."
"So effense afstand vanaf hoofstrande soos Diazstrand en Hartenbos, maar heerlik rustig na die gewoel van baie mense."
"Ons was erg teleurgesteld met die kwaliteit van die lewensredders wat daar diens gedoen het. Hulle was volgens ons nooit 100% gereed vir aksie nie, want hulle aandag word afgetrek deur vriende wat opdaag en dan vir ure aaneen gesels. Daar was ook 'n radio of iets soortgelyks wat klipharde musiek speel. Dan is hulle rug gekeer na die see, so hulle kan nie sien of hoor as daar moontlike probleme op die sand of in die seewater is nie."
"Perfect for the beach lover, historian and if you are looking for little flea market shopping. I can recommend the market at the harbour area."
"Verstaan nou waarom dit Kwêla se dorp van die jaar is! Heerlike weer, lang kuslyn en genoeg besienswaardighede."
"Beautiful destination, lovely weather during this time. However, very busy over December with very limited parking facilities at the beaches and water park."