Geverifieerde Resensie
Mossel Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mossel Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 2002 resensies.
"Rustige plek, regtig die moeite werd om weer te besoek. Sal beslis meer tyd moet neem om verblyf te beplan vir 'n volgende keer."
"Mal oor Mosselbaai. Werklik baie oulike eetplekke en vrek interessante winkeltjies. Dis wonderlik om sommer so in die strate te kan rondloop en kyk na alles, en ons het baie veilig gevoel te alle tye. Orals is die mense baie vriendelik en Afrikaans! Die dorp is mooi skoon en goed versorg!"
Sentraal Mosselbaai, Mosselbaai
Golf Paradys"Mosselbaai is pragtig en mense baie vriendelik, perfekte vakansie bestemming."
"Geen beter vakansieplek in die land as Mosselbaai nie. Ons het al Weskus probeer maar keer elke keer terug Mosselbaai toe."
Sentraal Mosselbaai, Mosselbaai
Hoog 109 High"Daar is klomp besighede en plekkies om te gaan in Sentraal Mosselbaai, maar mens sal na die ander areas ook moet gaan. Vir vakansie mense sal dit miskien nie genoeg wees om hulself mee besig te hou nie."
Sentraal Mosselbaai, Mosselbaai
Bay Vista Guesthouse"Was net bekommerd oor ons motor in die straat geparkeer moes staan. Maar Johan het ons verseker dat hy enige ongewenste gaste sou laat spaander. Miskien kan julle dalk net voorsiening maak vir veiliger parkering om gaste meer gerus te laat voel. "
"The aquarium was a bit disappointing, think they can improve on that. It is not about the fee, but what you see."
"Ek het 30 jaar in Mosselbaai gebly. Sal in 'n oogwink terug trek. Dis nie verniet 2 jaar in 'n ry dorp van die jaar nie."
"Redelik sentraal geleë, naby Bayview Hospitaal en die Helderberg Mall. Die strand is pragtig skoon en die uitsig is onvergelykbaar."
"I've always loved Mosselbay since we started camping there in 1985. Easter weekend was the 1st time I was back since 1995 and it brought back so many memories. I loved it."