Verified Reviews
North Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in North Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 1889 reviews.
"Gesellige plekkie met uitstekende eetplekke. Lekker stil buiteseisoen. Cape Vidal is egter duidelik besig om agteruit te gaan - sedert ons 'n jaar gelede daar was is die verval duidelik: vuil en verstopte toilette en grondpaaie is in swak toestand. Jammer dat hierdie juweel ook nou deur die regering vernietig word."
"Ongelooflike vriendelike mense en wonderlike kliëntediens vanaf die klein winkels tot en met die kettingwinkels. Dit was voorwaar 'n plesier."
"Bootvaart op die meer, uitstappies na die Oos en Wesoewers van die meer en Cape Vidal (om te snorkel) word aanbeveel!"
"Ons het dit vreeslik geniet on te snorkel en het die mooiste tropiese visse en koraal gesien in Granny's en Thompson Pool."
"Nie so maklik om strand toe te stap nie, of ons het nie die regte paadjie ontdek nie. Natuur en omgewing pragtig."
"Great place if you want peace and quiet, like long walks on the beach, fishing and going to the various game reserves like Isimangaliso Wetland Park and Hluhluwe–iMfolozi Park."
"Somewhat noisy later on Saturday night, 13 Nov, with a celebration at a resort nearby, but not to extremes."
"Mooi deel van land. Baie natuurreservate en mooi strande. Nie regtig 'n plek vir klein kinders nie. Ook nie goeie swemstrande nie. Goeie plekke om te besoek: Canerat crafts, Cane Cutters voëlpark, krokodilplaas, Chane cheese farm, Cape Vidal en Mission Rocks."
"St Lucia was skoon en netjies en het gely onder Covid-19 en beurtkrag. Die reservaat naby Cape Vidal was amper toegegroei en was daar te min diere om te sien terwyl daar oorvloed aan kos is. Die toegangspad na St Lucia vanaf die N2 begin nou rommelig te word met allerlei herstellings langs die pad wat die pad enorm ontsier wat ernstig nadelig kan word vir St Lucia."
"So much to do, great tours, great beach. Isimangaliso Wetland Park is a hidden gem. Recommend you buy a KZN parks map book."
"My gunsteling plek om net te ontspan en langs die see te gaan stap en op die bankies te sit en na die see te luister."
"Ek was verras. Baie mooi en rustig. Vir seker ’n plek om te besoek. Was wel buite seisoen."
"Die week het ons finaal besluit dat ons sal verhuis af Noordkus toe. Die mense, verkeer, gerieflike winkelsentrums, en laaste maar definitief nie die minste nie, die strande en warm see."
"Baie lekker, veilige vakansieplek. En Cape Vidal is 'n moet as jy in St Lucia is."