Geverifieerde Resensie
Escape From Johannesburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Johannesburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 5363 resensies.
Brits, Ontsnap Uit Johannesburg
Willow Manor"Brits is 'n pragtige plek en ons sal dit graag weer wil besoek. "
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
The Dell"Baie lekker plek om oor te slaap as jy die volgende dag in Johannesburg moet wees."
Witbank, Ontsnap Uit Johannesburg
Waterview House"Ek was angenaam verras met die fasiliteite en natuur in die area."
Muckleneuk, Ontsnap Uit Johannesburg
Unionview Guest house"Stil area oor die algemeen maar goed geleë as jy na van die omliggende hospitale moet gaan."
Hammanskraal, Ontsnap Uit Johannesburg
OuKlip Game Lodge"Hierdie was in die Dinokeng reservaat en die hele pad is opwindend."
Rustenburg, Ontsnap Uit Johannesburg
Bellevue Cottage"Die dorp word baie goed onderhou, is netjies en is baie sentraal geleë. Baie om te doen in die omgewing."
Wonderboom, Ontsnap Uit Johannesburg
Marija Manor Guest House"Baie rustige area met besienswaardighede binne 10 km radius."
Silver Lakes, Ontsnap Uit Johannesburg
Foundry Guest Lodge"Ek ken Silver Lakes baie goed en het al in uitstekende plekke daar tuisgegaan."
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
The Dell"Met ons aamkoms in Parys was dit reeds donker die aand. Ons het aanvanklik gedink dis dalk beurtkrag dat die dorp so donker is totdat ons besef het dat net hier en daar 'n straatlig brand. Sou dink vir 'n dorp met so besige deurvloei van verkeer moes die hoofstraat se ligte darem almal gebrand het! Die winkeltjies maak in die daglig darem op vir die donker strate in die aand."
Hammanskraal, Ontsnap Uit Johannesburg
OuKlip Game Lodge"Hammanskraal is 'n baie lekker toeriste-bestemming, lekker naby aan Johannesburg en het alles wat mens nodig het. "
Protea Park, Ontsnap Uit Johannesburg
@ Home Guest House"Rustige omgewing en maklik om die gastehuis vanaf Pretoria te kry. Aanwysings was baie goed. Veilige parkering."
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Mirabel Guesthouse"Die Hoi Polloi restaurant was ongelooflik. Kan dit beslis aanbeveel."
Wingate Park, Ontsnap Uit Johannesburg
LeoZet Self Catering Flat"Dit is baie sentraal geleë en naby aan die N1. "
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Mirabel Guesthouse"Het ons tyd daar geniet. Lekker gedwaal tussen die winkeltjies. Wye verskeidenheid goedere te koop."
Sasolburg, Ontsnap Uit Johannesburg
52 Oaks Guest House"Die dorp self bied alles wat jy soek en die mense is baie vriendelik."
Flamwood, Ontsnap Uit Johannesburg
Strydom Stop and Stay"Flamwood is goed gesentreerd in 'n besigheidsgebied met baie winkels en restaurante."
Faerie Glen, Ontsnap Uit Johannesburg
Fa'Trez Guest House and Spa"Baie naby aan alles, geen onnodige reistyd by nie."
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Otters' Haunt"Pragtige vakansiedorp, vriendelike mense asook skoon strate. Geen bedelaars by robotte of stopstrate nie. Rustige omgewing en skoon vars lug. Restaurante te kies en keur. Lieflike dorp."
Equestria, Ontsnap Uit Johannesburg
Peter's Guesthouse"Easy access to Or Thambo and many shopping centers as well as Visa embassy."
Lynnwood, Ontsnap Uit Johannesburg
Lynnwood View Bed & Breakfast"Die sekuriteitsgebiede is seker essensieel maar skep tog 'n klein frustrasie vir die besoeker wat telkens moet inteken om by jou bestemming te kan kom."
Kosmos, Ontsnap Uit Johannesburg
Bali at Scenic Haven Lodge"Was vir eers bekommerd oor die plakkers wat daar gehuisves is maar die sekuriteit in Kosmos self is van hoë gehalte en laat die bekommernisse sommer vergete. Baie rustig en die mense wat daar woonagtig is is regtig baie vriendelik. "
Kroonstad, Ontsnap Uit Johannesburg
Sevens Guesthouse"Die paaie in die dorp is swak en benodig baie herstelwerk."
Faerie Glen, Ontsnap Uit Johannesburg
Bellstone Bed & Breakfast"Neat suburb, suits most people. Highly recommended. "