Verified Reviews
Oudtshoorn
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Oudtshoorn
Rated 4.6 out of 5 based on 1090 reviews.
"Oudshoorn het baie te sien, maar mens mis openbare en skoon toiletgeriewe in die dorp."
"Daar is so baie om te beleef en ervaar in en om Oudshoorn dat meer as een dag nodig is om meeste besienswaardighede te besoek. So, bietjie vooraf navorsing en beplanning sal baie bydra om die omgewing te waardeer, veral vanuit 'n geskiedkundige oogpunt. "
"Oudtshoorn has many attractions, and unfortunately our stay was too short to see everything. But we will be back again."
"Bly 'n mooi plek, maar soos alle ander toeriste dorpe in SA word als geprys vir die oorsese toeriste mark."
"Oudtshoorn is a great little country town. But has all the amenities you need. There are many things to do, not just the caves and ostrich farms. We could have stayed longer."
"Baie om te doen en besig te bly. As jy wil rustig wees, is Oudtshoorn ook die plek vir dit want die weer is gewoonlik goed daar. Soms bietjie warm, maar as jou geriewe swemplek het, is jou kop deur!"
"Oudtshoorn bied baie meer as wat ons bewus was van en beplan 'n langer verblyf in die nabye toekoms. 'n Mens het baie meer tyd nodig om alles in die omgewing te sien en ervaar. "
"Lovely clean town, superb gift shops, must see the Kango caves and the ostrich farms."
"Skoonste dorp, selfs op 26 Desember was daar skoonmakers in die strate. Die dorp lyk vooruitstrewend. Daar is geen bouvallige en leegstaande besighede. Hoewel daar ernstige water tekort is, was al die publieke tuine pragtig versorg. Dienslewering duidelik nie 'n probleem in Oudthoorn."
"Tourists have many activities in Oudthoorn to enjoy and well worth a visit."
"Altyd lekker om in Oudtshoorn vakansie te hou. Ontdek elke keer iets nuut."
"Hoewel daar baie te sien is, is dit nie iets wat mens elke jaar wil doen nie. Alle besienswaardighede kan in een vakansie besoek word, hoewel lekker en mooi, sal ek dit nie elke jaar wil doen nie en hitte is uitmergelend, hoewel see net 'n uur se ry is, maar dan ook baie besig met hul eie vakansiegangers. Oor die algemeen vir 'n eerste besoek, wel die moeite werd."
"As jy soek, beplan en moeite doen, is daar elke dag, vir 10 dae, iets anders om te doen. Ons het."
"Eerste keer wat ek Oudtshoorn besoek en was baie lekker. Sal dit beslis aanbeveel."