Geverifieerde Resensie
Oudtshoorn
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Oudtshoorn bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1090 resensies.
"Dis 'n baie netjiese en skoon dorp.mHulle doen baie moeite om hul ou geboue netjies in stand te hou. Lekker eetplekke en vriendelike mense."
"Dis 'n oulike dorp met genoeg om te doen. Daar is als wat mens wil hê behalwe 'n fliek. Maar nogmaals is dit 'n lieflike plek."
"Oudtshoorn het 'n pragtige atmosfeer. Hulle gaan uit hulle pad om toeriste so gemaklik as moontlik te laat voel. Interessante aktiwiteite om te doen in hierdie dorp. Mense vriendelik en rustige omgewing. Pragtige uitsig van berge."
"Oor die algemeen sal ek die dorp weer besoek en net meer navorsing doen rakende bestemmings wat meer SA mense vriendelik is met hulle prysklas. Te veel word gedoen vir mense wat met dollars en euros kom kuier."
"Die dorp en die omgewing het baie om te doen en te geniet. Kultuurhistories, natuur, boerderye, ens. Dit is die ideale plek om 'n paar dae oor te bly op pad tussen vele ander bestemmings. Ek dink net die dorp kan meer doen om besoekers met inligting te voorsien terwyl jy as toeris daar is; ons het maar baie opgelees andersins het jy ook nie geweet waar om te gaan nie. Ook nie juis toeristevriendelike winkels met produkte van die omgewing nie. Dit is egter maar dieselfde probleem by meeste bestemmings in ons land."
"Karuza wyne maak vroeg toe, veral oor naweke. Hou dit ingedagte as julle dit wil besoek."
"'n besoek aan Oudtshoorn is beslis die moeite werd en 'n goeie toeriste attraksie."
"Akkommodasie tariewe vir plaaslike toerisme is billik, maar memorabilia is buitesporig duur vir plaaslike toerisme."
"Oudtshoorn is een van ons gunstelling vakansiebestemmings in SA. Ons kan aan enigeiemand aanbeveel om die volgende plekke te besoek: Mount Noah Lodge, The Black Swan Restaurant & Wine Bar, Nostalgie (beste Volstruis Burgers in die dorp) asook Safari Ostrich Farm. "
"Die mense hier is plat op die aarde, goeie, vriendelike, meestal Afrikaanse mense. Jy gaan Pick 'n Pay toe en daar kry jy 'n vreemdeling in die ry en julle begin gesels soos ou vriende. "
"Oudtshoorn is natuurlik 'n juweel in Suid Afrika. Alhoewel in die Klein Karoo geleë, bied dit sy eie bekoorlikhede. So baie rondom Oudtshoorn te doen, Kango grotte, Volstruisplase, Swartberg pas, Prins Albert, Calitzdorp se wyn ens, ens. O ja, en dan natuurlik die KKNK!"
"A superb museum in Oudtshoorn, allied to proximity to attractions such as the Swartberg Pass, Cango Caves, Meiringspoort and the quaint village of Prince Albert ensure that there is something for everyone in the area. And for those wanting a break from frenetic big-city traffic, the wide and pleasant streets make a refreshing change."