Geverifieerde Resensie
Oudtshoorn
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Oudtshoorn bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1090 resensies.
"`n Karaktervolle wêreld met baie kultuur, geskiedenis, natuurskoon en passievolle mense. "
"Pryse is buitensporig vir Suid-Afrikaanse toeriste en toegangsgelde om sekere besienswaardighede te sien ook buitensporig. Oudshoorn het net die oorsese toeris in gedagte en dink nie aan die Suid-Afrikaner wat ook wil toer nie."
"Pragtige dorp, skoon skoon skoon. Almal, van die pompjoggie tot die restaurantpersoneel, tot die werkers op straat gaan uit hul pad om ons op die hande te dra. Vriendelik en aangenaam. Dit was voorwaar 2 heerlike dae van ontspanning en geniet. "
"Pragtige dorp! Oulike winkels en die nuwe Zipline by die Kango-grotte is 'n moet om te probeer. Heerlik op die stoep gesit en 'n drankie geniet by die restaurant waar Zipline eindig! Vriendelike personeel!"
"Baie om te doen. Het meer as 2 dae nodig om behoorlik te besoek. Die dorp is baie skoon en mense baie vriendelik."
"Oudtshoorn is 'n dorp wat 'n mens baie maklik kan geniet oor die vriendelikheid van die dorpsmense."
"Ons het nie tyd in Oudtshoorn deurgebring nie. Onbekend aan die toeristebestemming."
"Love Oudtshoorn, people are very friendly and there are lots of attractions and beautiful restaurants to visit."
"Oudtshoorn is beslis 'n groot toeristebestemming en die hele omgewing is daarop ingestel om gaste vriendelik te ontvang. Ek dink net van die plekke vra buitensporige pryse vir die aktiwiteite wat hul aanbied, terwyl ander weer net reg geprys is."
"Oudtshoorn kan sterk aanbeveel word vir gesinne wat wil rond toer, kinders vermaak en lekker eet!"
"Toeristebestemmings is die moeite werd, maar die dorp self is baie verniel en paaie is in baie swak toestand. Dis 'n jammerte!"
"Al die gidse was uitstekend, vanaf Cango Wildlife Ranch, deur Cango Ostrich farm tot by Kango Grotte. Oudtshoorn het die toerisme gees - Kaapstad kan gerus bietjie leer by hulle."
"Lekker plattelandse omgewing met baie aktiwiteite om te doen as gesin, goeie keuse van restaurante."
"Dit is 'n baie rustig plek waar 'n mens nou die natuur kan waardeer en geniet. "