Geverifieerde Resensie
Panorama Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Panorama Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1643 resensies.
"Dorpie self is maar vervalle maar die besienswaardighede is die moeite werd."
"Dis jammer die plekke het baie vervalle geraak en baie winkels het toegmaak - die beperkte eetplekke is die moeite werd om te besoek."
"Mooiste staproetes na die waterval en die eskarp. Rustige dorpie met die mooiste perde! "
"As jy wil wegkom van die gejaag, gedruis en besoedeling van Gauteng, dan is Sabie die plek om te "unwind". Die stadsraad moet tog net aandag aan die slaggate in en om die pragtige dorp skenk ."
"Sabie is 'n pragtige dorpie. Die mense is baie vriendelik. Ons het welkom gevoel by al die winkels en restaurante. "
"We do travel a lot in that area and we experience the town and it's economy to fall behind."
"Die mooiste dorp met vriendelike en behulpsame inwoners. Lekker kuierplekke en die ideale plek om te ontspan en uit te rus."
"Oor die algemeen baie aangenaam om daar vakansie te hou en die besienswaardighede is naby."
"Kaapsehoop het 'n ouwêreldse sjarme en bekoring wat 'n mens bybly lank nadat jy weg is. Dit het 'n unieke kalmte wat 'n mens omring. "
"Graskop se natuurlandskappe is sprokiemooi en ideaal geleë om omliggende gebiede soos Sabie, Pelgrimsrus, Hazyview, ensovoorts te besoek. Sal dit definitief aanbeveel vir mense wat die besienswaardighede van Mpumalanga wil besoek."