Verified Reviews
Paternoster
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Paternoster
Rated 4.6 out of 5 based on 1533 reviews.
"Paternoster is die mooiste dorpie! Het so lekker geëet by Voorstrandt en Square Spoon. Mooiste strand en wit huisies. Verlief op die plekkie! "
"Heerlike wegbreekplek met genoeg eetplekke en winkeltjies. Ek en my man het gesels en gewonder of 'n klein teater nie dalk 'n aanwins sal wees nie, waar kunstenaars oor naweke kan optree. Ons sal beslis weer hier kom kuier."
"Dit die tipe plek wat jy nie veel van verwag nie totdat jy begin rondstap. Dit is 'n baie interessante dorp wat jou belangstelling aangryp. "
"Paternoster is altyd pragtig - selfs as die wind waai. Dis ideaal vir 'n naweek of langnaweek, maar langer beteken mens moet bietjie uitry om die omgewing te sien - daar is nie veel meer om te doen nie. So om uit te span en niks te doen (behalwe lekker eet) is dit ideaal. Die Pizza-restaurant het o.a. 'n gerookte snoek-pizza!"
"Dis 'n fantastiese plek. Die pragtige strand, skoon omgewing en vriendelike mense het my beïndruk. Dan natuurlik die seekos laat 'n mens se mond water. Dit is 'n Ideale plek om vakansie te hou en ook af te tree."
"Dis 'n baie mooi klein dorpie en alles is na aan mekaar, die mense daar baie vriendelik."
"Paternoster is duidelik 'n plek vir buitelanders met ponde en euros. Alhoewel die verblyf nie buitensporig duur was nie, was restaurante vreeslik duur en die keuses baie basies. Blikkie Pizzeria waar ons toe uiteindelik geëet het se pryse was meer realisties met 'n pragtige uitsig, die kos was lekker en personeel vriendelik. Maak seker om alle kosse te koop voor Paternoster - net 1 klein winkeltjie met basiese. Vredenburg het nie 'n Woolles nie."
"Pragtige plekkie met die mooiste see en strand. Geniet die winkeltjies en snuisterye!"
"If you are looking for a place to put your feet up, braai, walk on the beach and drink lots of wine, this is the place for you."
"Parternoster Hotel se kos is uitstekend en baie van die ander hotelle in die Weskus kan by hulle leer. Dankie vir julle goeie diens. "
"Paternoster kan gerus 'n kitsbank of twee aanskaf, en dalk 'n SPAR. Dit sal die in-en-uitry na en van Vredenburg uitskakel. Paternoster is een van my gunstelingvakansieplekke so ek geniet nogal die eenvoudige leefstyl daar."
"Die locals roei die kreef uit en die polisie hou hulself blind vir die verkoopsmanne langs die pad! Dit was baie hartseer om te sien hoe openlik hulle met hul sakke vol kreef loop en verkoop, en hoe die polisie ander pad kyk as hul verby hul ry."