Geverifieerde Resensie
Paternoster
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1533 resensies.
"Geniet alles! Gaan Tietiesbaai toe, eet by Voorstrand en Spoon Square ... alles ongelooflik! Besoek Darling en Riebeek-Kasteel. Paternoster bied sielsrus."
"Paternoster het sekerlik een van die mooiste kuslyne ter wêreld, asook fantastiese uiteetplekkies. Definitief een vir die boeke!"
"Fantastiese strand. Rustig en skoon buite seisoen. Bespreek net vroegtydig by eetplekke!"
"Daar moet iets gedoen word t.o.v. die vullis op die strand, in die strate en op die plotte. Sommige mense waardeer nie die unieke paradys nie."
"'n Wonderlike, natuurskone paradys met 'n absolute rustigheid en die beste "snoek parcel" op die Weskus!"
"Paternoster was een van die laaste ongerepte plekkies aan die Weskus. Dit was met hartseer om die ontwikkeling daar waar te neem in die 12 maande van ons laaste besoek."
"Paternoster is 'n baie oulike dorpie met baie vriendelike en behulpsame mense wat in die winkels en restaurante werk. Dit is effens sleg dat daar so baie bedelaars is."
"Ongelooflike lekker plek met 'n wonderlike plat op die aarde atmosfeer!"
"Paternoster is een van die plekke wat ek die lekkerste vakansie gehou het. Dit is absoluut die mooiste plek."