Geverifieerde Resensie
Prince Albert
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Prince Albert bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 1067 resensies.
"Pragtige dorpie met baie potensiaal. Groter advertensieborde vir Prins Albert Olives en Weltevrede Vye Plaas moet in die dorp opgesit word. Min eetplekke beskikbaar."
"Ons geniet altyd ons verblyf in Prins Albert - pragtige dorpie! Hou dit asseblief net so."
"Pragtige klein dorpie met 'n rustige gevoel en kom netjieser voor as ander plekke in die omgewing. Restaurante bied goeie kos teen billike pryse vir die porsie grootte ontvang. Bietjie uit jou pad maar uniek genoeg om weer moeite te doen om hier verby te kom in die toekoms."
"Die dorpie was indrukwekkend en baie skoon. Daar is oorgenoeg om te sien en beleef vir 2 tot 3 dae en/of ideal vir net 'n blaaskans. Die dorp is ryk aan geskiedenis en ooglopend trots daarop. Restaurante/kroeë se besigheidsure is beperk maar die dorp se hotel is 'n baie goeie alternatief."
"Unfortunately we only had an overnight stay and weren't able to sight-see too much. Excellent Museum and Art Gallery. Will definitely go back for a longer stay to enjoy more sights."
"Die oulikste dorpie wat ek in 'n lang tyd besoek het. Ek sal môre daarheen verhuis as ek die geleentheid kry. Daar is meer as genoeg vir besoekers om te doen. 'n Besoek aan Gay’s Guernsey Dairy en 'n ete by Karoo Kombuis moet op almal se lysie wees."
"Pragtige dorp wat omgee vir die gemeenskap. Heerlike kos, olywe, kaas en wyn. Kan die Ghost Walk saam met Ailsa en 'n besoek aan die museum aanbeveel."