Geverifieerde Resensie
Prince Albert
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Prince Albert bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 1067 resensies.
"Heerlik om in die Karoodorp en die omliggende staproetes rond te dwaal. Al die inwoners het stories en tyd om dit te deel. Heerlike restaurante, kaas, wyn en kunservarings en 'n pragtige, gesellige hotel."
"Prince Albert is a lovely town, but be aware it is popular with tourists and ZA citizens alike. With this in mind don't assume you can just walk into a restaurant without making a booking. Also, note with trendy comes expensive prices. We had a meal at the Swartberg Hotel which was not great but quite pricey."
"What a pleasure driving into Prince Albert. The homes and businesses are beautifully painted and clean. No rubbish in the streets and roads are well maintained. "
"My verwagtings van Prins Albert was nie oortref nie. Het gedink dit gaan meer besonders wees soos bv. Clarens. Nie veel om te sien of doen nie behalwe stap, eet en drink. Die winkels ens. is nogals duur maar dit is seker te wagte vir 'n toerisdorpie. Dorpie self is pragtig en netjies."
"Pragtige Klein Karoo-dorpie met baie bekoring! Ek sal graag effe langer hier wil deurbring volgende keer. PS - boek restaurante vooruit, hulle raak vinnig baie vol."
"Prins Albert kan al die seisoene in een dag hê, maar dis 'n gemaklike kuier in enige van die restaurante en 'n lekker atmosfeer."
"Besonderse dorp, op baie plekke hier voel dit asof jy in era van 100 jaar terug instap met die leivore en groot stukke landbou grond binne in die dorp."
"Sal dit weer besoek. Baie om te sien en te doen en 'n dorpie met baie karakter en gawe mense."
"Pragtige omgewing en vriendelike mense. Baie om te sien en te doen in die omgewing."
"Different experience to last visit. Covid seems to have taken its toll on smaller businesses."
"Pragtige, Karoo dorpie met die majesteuse berge en op die plaas gevoel. Hoop regtig dat die teater weer binnekort sy deure sal oopmaak."