Verified Reviews
Stellenbosch
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Stellenbosch
Rated 4.7 out of 5 based on 688 reviews.
"Wat 'n absolute juweel van 'n dorpie. Behalwe vir al die wynplase wat mens kan besoek, is daar soveel ander spesiale eetplekkies om heen te gaan. Die omliggende berge maak dit prentjiemooi. Baie ander aktiwiteite om te doen soos golf en mountain biking. Kan vir 'n maand gaan en nooit verveeld wees nie."
"It was our first time in the area and it did not disappointment. Slaley a definite recommendation."
"Mens kan maande in die Stellenbosch-area deurbring met alles wat te siene en te belewe aangebied word. Selfs al gaan mens jaar na jaar terug daarheen."
"Pragtige omgewing met al die wynplase en oulike eetplekke rustige atmosfeer veilig in die aand."
"Dit is 'n baie goeie plek. Stellenbosch is 1 van die goeie stede en is die blomme-dorp van SA."
"Ek dink Stellenbosch is 'n heerlike plek om 'n paar dae by te kuier. Gaan sien die Vriedenheim wynplaas, hulle tuine is so mooi. Gaan drink 'n koffie by Hudsons, of gaan eet by Barique of die Volkskombuis. Stap af in Dorp- en Andrigrastraat, drink 'n koffie en voel die vibe. Vir my is dit dit my huis al het ek nie in Stellenbosch grootgeword nie. Huur 'n fiets en ry bietjie rond, gaan na die markte op 'n Saterdag, die Lierbeheim mark, die aarbeiplaas, daar is nog soveel goed. Dit kan net baie warm raak daar."
"Lekker plek om vakansie te hou. Ons het dit geniet, strate is mooi skoon en mense besonders vriendelik en behulpsaam."
"Stellenbosch is amazing! Very central place to live in, where everything is close to each other and lots of things to do."