Geverifieerde Resensie
Fish Hoek
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Fish Hoek bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 63 resensies.
"Safe to shop and walk about but also go to Kalk Bay, beautiful bay, harbour and restaurant. Oceans Echo is out of the traffic of Cape Town but within 45 mins of Cape of Good Hope, Table Mountain Cableway and V & A waterfront with many restaurants and great shopping."
"Heerlike strand om in te swem asook stappaadjie langs die rotse. Sentraal geleë vir besoeke aan Kaappunt, Simonstad, Kalkbaai en Kommetjie omgewing. Die verkeervloei gedurende spitstye in die hoofstraat is stadig. Ons sal na 9 in die oggende (weeksdae) met 'n motor daar probeer ry. "
"Lovely. Lots to do, not overly expensive, friendly people. Great views, great scenery."
"Vishoek is 'n aangename dorpie en alles wat jy nodig het is stapafstand van die verblyf af."
"Vishoek is baie lekker stapvriendelik. Die strand self was wonderlik en dis so mooi. Die dorpie het als wat mens benodig as mens jou eie kos wil maak. Die restaurante is min, maar daar is oulike plekkies as mens soek of net 'n dorpie of twee verder ry, glad nie vêr nie. Daar is ook 'n trein wat mens kan gebruik om sommer 'n bietjies van een dorpie na die ander te ry vir uitstappies. Ons sal graag terugkom."
"Good, funky feel, especially with Kalk Bay just down the road. Fantastic for history lovers with Simons Town just down the road the other way."
"Vishoek is 'n baie skoon dorpie en mense is vriendelik en veilig. Ons was oor Houtbaai toe en was geskok. Die hawe-gedeelte is verskriklik vuil, ons wou op die ou end nie eers daar eet nie, want die gebied het ons afgesit. Vishoek is skoon en baie sentraal geleë en ons het die voorreg gehad om die red tide te kon sien. Amazing!"
"Vishoek staar 'n afgrond in die gesig, veral die hoofstraat. Die strande word altyd netijies gehou, maar die chaos in die hoofstraat is nie wenslik nie."
"Tipiese vakansie bestemming. Geleë tussen baie besienswaardighede, nie te ver om te reis nie. "
"Hoop net die padwerke is klaar as ons weer kom. Dit mors 'n mens se tyd veral as jy dringend iewers moet wees."
"My eerste besoek, maar definitief nie my laaste nie - om elke hoek en draai wag 'n skat om onthul te word soos die pastaplekkie op die hoek."
"Padwerke vanaf Kalkbaai na en van Vishoek 'n nagmerrie. Sedert laas besoek gevind Vishoek se strate heelwat skoner. Dankie vir julle SMS en opvolg."
"Geen probleem. Waar 'n mens ook al gaan, dit is altyd lekker om nuwe plekke te ervaar. Vishoek as deel van die Skiereiland se suidelike ontdekking(s) is net so aantreklik soos enige ander deel vir reisigers wat wil ontdek en ervaar."
"Dit was heerlik om uit die stad uit te kom. Mens kom nie eers die afstand agter met die pragtige uitsig nie."
"Alles wat ons nodig gehad het vir die verblyf was hier beskikbaar. Heerlike gees tydens die fietsrit."
"Vishoek is 'n oulike klein dorpie en sentraal geleë tussen die ander kusdorpe met al die toeriste-aantreklikhede. Ons geniet dit om in Vishoek tuis te gaan."