Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 8037 reviews.
"Vrede se inwoners is baie vriendelik en 'n mooi plattelandse dorpie om rustig te oornag."
"Die Nasionale Vrouemonument is 'n belewenis. Maak seker jy het 2-3 ure om dit regtig te waardeer."
"Dit is 'n baie stil dorpie. Basiese dinge soos brood en melk is baie skaars. Mens moet voorbereid wees en meestal kruideniersware saambring."
"Die dorpie self bied nie baie vir kinders nie, maar daar is wel aktiwiteite en ander plekke in die omliggende areas."
"Clarens is 'n puik toeristebestemming. Die pragtige herfsskakerings orals sigbaar gedurende April maak hierdie omgewing baie besonders en 'n voorreg om te kan ervaar."
"Perfekte stop vir 'n moeë reisiger om te herlaai na 'n lekker nagrus, boereontbyt en mooi omgewing. Well worth the stop."
"There are a few property and business owners that are keeping these dying towns alive."
"Die verval van Bloem in sommige dele is tragies. Die ligpunt was die Vrouemonument en Oorlogmuseum wat uitmuntend was en behoorlik onderhou word."
"Dit was ons eerste besoek aan Clarens. Dit was soveel meer as wat ons verwag het! Die heerlikste kos by interessante restaurante en oral snuffelgeleentheid in oulike winkeltjies. Ons gaan beslis weer in Clarens kuier!"
"Ek voel dat Clarens besig is om agteruit te gaan. Die restaurante wat voorheen heerlike kos bedien het, se kos is nie van topgehalte meer nie. Ook het ek gevind dat die unieke winkels en kunsgalerye wat 'n paar jaar gelede nog daar was, besig is om uit te sterf - daar is enkele winkels wat nog unieke en kwaliteitware verskaf."