Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 8037 resensies.
"'n Skatkis van geskiedenis. Mooi uitsig en omgewing, met die samevloeiing van die Oranje- en Caledonrivier."
"Na al die reën is die Vrystaat 'n pragtige bestemming. En dis lekker naby vir ons vaalpense wat nie see toe kan gaan nie."
"Veilig, naby die N1, lekker restaurante en baie vriendelike mense! Daar is selfs 'n paar winkels wat jou sal verbaas!"
"Daar is heelwat te doen in Parys en omgewing vir buitelug-entoesiaste en vir diegene wat interessante winkels en ware geniet. Ook goeie eetplekke. Plus dit is in die histories belangrike en pragtige Vredefort Koepel geleë."
"Nogsteeds 'n lekker toeristebestemming alhoewel ons die baie kunswinkels gemis het."
"Ek hou van Bloemfontein aangesien ek as jongman 5 jaar daar gewoon en gewerk het."
"Dit is 'n klein dorpie met min wat mens daarna sal trek. Maar 'n ideale oorslaapbestemming."
"Pikante dorpie en baie vriendelike mense. Die AffiPlaas restaurant was 'n welkome verrassing: die heerlikste kos!"
"Clarens bly 'n spesiale plek en dit is verblydend dat daar nuwe besighede vestig."