Geverifieerde Resensie
Wild Frontier
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wild Frontier bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2064 resensies.
"Marlothpark self voel nie vir my so veilig nie. Daar is baie mense wat net daar ronddwaal, maar ons verblyf was wel veilig omdat dit chalets was, mense het rondom ons gebly. Daar is ook heelwat bourommel wat op baie erwe rondle, maar weereens was ons verblyfplek skoon en netjies."
"Ons hou baie van Marlothpark. Dit was ons eerste besoek daar. Sal beslis weer soontoe gaan. Ons het gebruik gemaak van die amazing restaurant en het heerlik daar geëet. Die uitsig daar is ongelooflik met die mooiste sonsondergang. Vriendelike personeel en lekker kos! Die grondpaaie in Marloth kan beslis aandag kry! Ons het baie lekker ontspan daar en veilig gevoel."
"Dankie dat die eienaar die watertekort dadelik aangespreek was. Eienaar het selfs warm water voorsien. Die hele oord het 'n watertekort gehad."
"The security at the gate not up to standard. The roads need an upgrading. Refuse at the entrance gate is an eye-sore. The game viewing and animals roaming were beautiful and an unique experience."
"Dis baie meer modern as wat ek gedink het. Met baie huise oral en waterpark vir kinders. Hou baie van die plek ."
"Paaie is plek-plek baie sleg en sal met 'n lae kar moeilik gery kan word. Kragonderbrekings was baie."
"Marloth Park is really close to the Kruger National Park which was ideal for us to undertake a day trip into the park. Just remember during long weekends and school holidays to pre-book your KNP visit on their website. Marloth Park has a lovely small, but adequate shopping centre that catered for all our needs. The animals in Marloth Park are really in abundace and something we really enjoyed. Closer to nature you surely will not get."
"Veilige omgewing met baie wildlewe. Krokodilrivierhek na Krugerwildtuin is 15 min weg."
"Kan gerus bietjie meer doen aan die paaie. Selfs in 'n 4x4 skud jy jou babbelas los. Maar op die ou einde is dit tog 'n bosveldtrippie."
"Die waterpark en restaurant met ander winkels is 'n groot plus asook die baie diere wat vry rondloop. Die baie werkers en werksvoertuie en besige deurpad doen egter skade aan die rustigheid van die plek."