Geverifieerde Resensie
Wild Frontier
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wild Frontier bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2064 resensies.
"Die paaie is in baie goeie kondisie, ons kon daar ry met ons kar. Baie dankie dat hulle die paaie reg gemaak het."
"A great family experience with no hidden nonsense. We got what we were promised, all good."
"So lekker gekuier, diere wat so mak is het dit 'n wonderlike ervaring gemaak met klein kinders."
"Tans is Marlothpark se grondpaaie bietjie in 'n slegte toestand vir 'n gewone voertuig, rybaar maar teen slakkepas."
"Behalwe vir die trokke wat in die aande daardeur jaag en die vreeslike baie loadshedding was alles lekker gewees."
"Fantastiese atmosfeer en heerlik gekuier. Die bos en alles in Marlothpark het sommer onder mens se vel ingekruip. Kan nie wag vir die volgende besoek nie."
"Marloth Park is die perfekte plek om te rus en saam geliefdes te spandeer. Baie diere en 'n pragtige omgewing."
"Die park self kort aandag en die paaie is op plekke regtig nie toeganklik nie. Ook konstruksie aan huise in die area raak steurend met tye. Die huis het dit wel die moeite werd gemaak."
"Marloth verbaas ons telke male met die vriendelike mense en rustige afskakel-atmosfeer."
"Die grondpaaie kort aandag. Die winkels het alles wat mens nodig het, heerlike en groot verskeidenheid roomyse wat baie bekostigbaar is."
"Marlothpark is die plek om te wees as jy wil wegbreek van die stad. Dit is regtig nie nodig om die Krugerwildtuin te besoek nie omdat daar soveel diere op jou stoep is in Marlothpark."
"Heerlike plek vir boswegbreek. Is net bietjie oorvol tydens vakansies, maar is verder 'n goeie wegbreek en redelik diere wat gesien kan word."
"Om vir die eerste keer in 15 jaar weer in Marlothpark te wees was 'n groot verrassing! Baie ontwikkel en baie besig!"
"Dis 'n lekker vakansiedorp, petrolstasie en supermark is naby. Vir kinders is daar ook 'n waterpark. Ek sou aanraai dat jou motorkar hoog moet wees, sodat jy al die paadjies langs die rivier kan ry vir diere kyk."