Successfully reported

Verified Reviews

Wild Frontier

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wild Frontier

Rated 4.6 out of 5 based on 2064 reviews.

Marloth Park, Wild Frontier

Impala Place

"Marloth Park is 'n wonderlike park. Baie naby die Kruger Park indien jy soontoe wil gaan As jy nie wil gaan nie kan jy enige tyd langs die Krokodilrivier gaan stap of ry. Daar is baie diere te sien in Marloth Park self."

Marloth Park, Wild Frontier

Oribi Cottage

"Marloth Park sien ons definitief weer!"

Marloth Park, Wild Frontier

Doringpoort: Lemoentjiedoring 1621 Self-catering Accommodation

"Hoogs onsteld oor twee oorsee-toeriste wat die tweede dag van ons verblyf in Marloth Park by die afdraai na Jabula Lodge en Restaurant 'n kameelperd raakgery het. Ek sal sterk aanbeveel dat spoed hobbels naby sulke afdraaie oor die pad gebou word om die bestuurders van voertuie te forseer om stadiger te ry."

Marloth Park, Wild Frontier

Mvuradona Safari Lodge

"Naby Kruger, lekker gebly baie wild binne die park ook."

Marloth Park, Wild Frontier

Lion King 3953

"Die omgewing is baie droog en warm op die stadium, maar die diere het opgemaak vir dit! "

Marloth Park, Wild Frontier

Walking Tall Private Bush Retreat

"Kan dit aanbeveel vir 'n vakansie in die bos."

Marloth Park, Wild Frontier

South Post at Kruger

"Heerlike plek. Baie stil en rustig en baie lekker om uit te rus."

Marloth Park, Wild Frontier

Doringpoort: Lemoentjiedoring 1621 Self-catering Accommodation

"Marloth is teenaan die wildtuin wat lekker is. Dink net hulle moet meer doen om al die plekke binne mooi te hou. "

Marloth Park, Wild Frontier

South Post at Kruger

"Oppas! Twee nagte by die park is te min! Enige stap-entoesias sal die plek geniet. En dan is die (wilde) bokke/diere tussen die huise 'n groot bonus."

Marloth Park, Wild Frontier

South Post at Kruger

"Paaie kort 'n goeie skraap, maar weens gebrek aan reën is dit te verstane."

Marloth Park, Wild Frontier

3875 Eagle

"Ongelooflik!! Wonderlike gaste in die laat middag en vroeg oggend!"

Marloth Park, Wild Frontier

Fever Tree

"Die enigste negatiewe kommentaar oor Marloth Park was die toestand van die paaie in die wildreservaat. Julle behoort die mense met plat karre te waarsku dat die pad nie geskik is daarvoor nie. 'n Hoër grondvryhoogte is noodsaaklik op sommige plekke. Ons moes 'n paar keer stilhou om klippe uit die pad te verwyder. Daar is ook baie min wild. Ons het meer diere gesien vanaf ons voorstoep. Wanneer ek julle weer besoek sal ek nie weer die moeite doen om na die wildreservaat toe gaan nie."

Marloth Park, Wild Frontier

Oppidraai

"Wonderlike plek om tot rus te kom en die natuur te kan geniet."

Marloth Park, Wild Frontier

Kudu Lodge

"Ons besoek Marloth Park gereeld en geniet dit baie, maar het opgelet met ons laaste besoek dat jy nie baie veilig voel nie. Waarom kan almal net vrylik by die hekke inry? Sal moet dink aan sekuriteit."

Marloth Park, Wild Frontier

Doringpoort: Soetdoring 1622-B Self-catering Moddervis

"Marloth Park is naby die Krokodilrivier-hek wat dit gerieflik maak vir wanneer mens wildtuin toe gaan. Mens gaan slaap en word wakker met die geluide van die bos, baie rustig en stil."

Marloth Park, Wild Frontier

Koekoek Guesthouse

"Altyd lekker om vir 'n naweekwegbreek na Marloth te gaan."

Marloth Park, Wild Frontier

Fever Tree

"Uitstekend om die "bos" te ervaar. 'n Mens voel soos 'n regte Afrikaan daar."

Marloth Park, Wild Frontier

3875 Eagle

"Die hout uitspattig duur, winkels duur. Lionspruit is nie die ingangsfooi werd nie, meeste van die paaie baie sleg. Komatipoort is selfs goedkoper. Marloth is toeganklik en besoekersvriendelik. Uitkykpunte goed versorg en strategies geleë."

Marloth Park, Wild Frontier

The Promised Land

"Heerlike lekker ontspanne wegbreek, met die voorreg om ons diereryk op jou agterstoep te besigtig. Kan nie wag om Marloth Park weer te besoek nie."

Marloth Park, Wild Frontier

Buffalo Chalets Marloth Park

"Dit was 'n wonderlike belewenis."

Marloth Park, Wild Frontier

Doringpoort: Lemoentjiedoring 1621 Self-catering Accommodation

"Ek sal hierdie plek vir enige persoon aanbeveel, wat graag 'n rustige vakansie in die bosveld wil hë. Daar was nie een sekonde wat ons verveeld was of dit nie geniet het nie. Ek het in my lewe nog nooit so welkom by 'n vakansieplek gevoel nie. Ons wou nie eers teruggaan huis toe nie. Vir die wat graag rustigheid soek, dit is die plek vir jou. Ons gaan nou sommer twee keer per jaar soontoe so lekker is dit. "

Marloth Park, Wild Frontier

Serenity Du Bois Lodge

"Mense speel soms harde musiek wat nie hoort in 'n natuuromgewing nie."

Marloth Park, Wild Frontier

Magani Ridge

"Marloth Park is nog altyd my wegbreekplek as die lewe te veel word. "

Page
Page 58 - Showing 1711 to 1740
Search broader areas

Welcome to LekkeSlaap

Welcome back!

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account

Log in to your LekkeSlaap account linked to

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers