Verified Reviews
Wilderness
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wilderness
Rated 4.8 out of 5 based on 432 reviews.
"Goeie restaurante met alles wat nodig is vir 'n week se vakansie sonder om George toe te moet gaan."
"Moenie vergeet om die Map of Africa te besoek wanneer jy in die Wildernis kom nie. Dit is asemrowend mooi."
"Heerlik pizza geëet by Pomodoro, beste steak by Joplins en ‘n smaaksafari by The Girls geniet. Mens kan lekker vêr op die strand stap. Gaan ry die Sewe Passe-pas en drentel rond en loer in al die oulike plekkies in en om Wildernis. Ons kyk na moontlik kamp by Ebb and Flow."
"Ek was heel verbaas, die hele dorp is vriendelik, kan gaan stap sonder om onveilig te voel, baie lekker strand en restaurantjies in die omgewing. Verder is george naby en Sedgefield."
"Dit was tragies om te sien hoe die eens pragtige toeriste dorp deur Covid-19 gedwing is om baie van die toeriste winkels [geskenke en eetplekke] te sluit in so 'n mate dat daar nou bykans geen aandoen plekkies meer oor is."
"Wildernis is 'n pragtige dorpie, net jammer dat soveel restaurante geknak het onder Covid 19."
"Die dorp se kuierplekke is interesant en bied smaaklike etes. Ons reis selde deur die dorp sonder om te vertoef. 'n Juweel op die kus."
"Dis rustig, nie veel in terme van toeriste-attraksies nie, maar die see is mooi!"
"Lovely stopover on Garden Route, beautiful beaches, plenty of places for a good meal."
"Ons het die hele week reën gekry. Wildernis is baie naby die omliggende dorpe. Ons kon nog steeds baie doen. Wildernis self is 'n pragtige dorp."
"Die restaurante sê hulle is vol bespreek, dan is daar skaars iemand. Ek dink hulle kon ons Saterdagaand gehelp het as hulle wou. Dankie vir Blue Olive wat ons gehelp, sal weer julle ondersteun."
"Pragtige plek, met baie mooi strande en naby aan areas soos Hoekwil, Sedgefield ens. wat definitief die moeite werd is om te besoek."
"Pragtige strande, vriendelike mense, lekker aktiwiteite en George is net 10 min weg as jy smag na groot inkopiesentrums. "