Verified Reviews
Yzerfontein
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Yzerfontein
Rated 4.7 out of 5 based on 768 reviews.
"Die Spar, binne loopafstand, was netjies en skoon met letterlik als wat mens benodig. Mense is vriendelik. Baie beslis 'n pluspunt. En die algehele gevoel van rustigheid!"
"Pragtige natuurskoon. So oulik om patryse en muishonde tussen huise te sien. Pragtige strande."
"Yzerfontein is uitstekende plek, pragtige strandfront. Pragtige en rustige dorpie, vakansieatmosfeer."
"Pragtige plek en ons gaan gereeld soontoe vir 'n wegbreek-naweek. Mal oor die volstruise wat in die strate rondloop!"
"Yzerfontein is 'n wonderlike Weskus dorpie met mooi uitsigte en lekker staproetes. 'n Fantastiese nuwe Spar het oopgemaak met alles wat vars en lekker is. "
"Pragtige skoon dorp met alles wat jy nodig het en uitstekend geleë op die Weskus-roete."
"Dit is 'n pragtige dorp, met lieflike strande wat gefokus is om die omgewing te bewaar. Die dorp en strande is skoon en veilig met gasvrye inwoners en/of personeel by die onderskeie besighede wat uitstekende diens lewer. Daar is 'n groot verskeidenheid eetplekke wat maaltye van puik gehalte voorsit. Sal die dorp beslis weer in die toekoms besoek!"
"Baie vriendelike dorpie langs die Weskus met pragtige see en spierwit strande en duine. "
"Great beach town - with a lovely holiday atmosphere. It is very close to Cape Town which makes it a very attractive holiday destination. "
"Beveel dit aan vir enige persoon dis 'n wonderlike, rustige area. Alles is naby winkel, aktiwiteite en see. Sal beslis weer gaan. "
"Perfek vir wegbreek vakansietyd. Dis nie té besig nie, lekker om net te ontspan. Uitsigte is asemrowend. Beslis nuwe gunsteling vakansiedorp."
"Dis 'n pragtige rustige vakansieplekkie en ons was baie hartseer om te sien daar gaan 'n winkelsentrum opgerig word. "
"Baie geleenthede vir in die natuur wees; veilige strand en baie staproetes. Genoeg besienswaardighede om te besoek. Ook voldoende besighede soos winkels, restaurante en koffiewinkels. Iets vir almal. Daar word baie gedoen om die gebied te bewaar, en veilig en skoon te hou."
"Awesome plek. Mooi ligging, pragtige strande, mooi rotse en 'n baie mooi skoon plek, wow!"
"Pragtige dorp en 'n plek waar mens graag permanent sal wil bly, nie net vakansie hou nie."
"My gunstelingplek om te gaan wegkruip vir naweek of bietjie langer. Altyd vriendelike mense en lekker om te gaan rus. "
"Yzerfontein is 'n pragtige skoon en rustige kusdorp met 'n lang kuslyn en pragtige branders. Dit nie meer 'n klein stranddorp nie, maar is tog weg van die stadsgewoel."