Geverifieerde Resensie
Yzerfontein
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Yzerfontein bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 768 resensies.
"Ons eerste besoek aan Yzerfontein, was werklik verras met die pragtige omgewing en dorp in geheel. Het 2 restaurante besoek - beide vra astranomiese bedrae vir eenvoudige bord kos. "
"Dis 'n baie skoon en netjiese plek. Strande is mooi skoon en die mense is vriendelik. Het op geen manier onveilig gevoel."
"A lovely spot close to Cape Town with a beautiful beach, nice restaurants and good facilities."
"'n Fantastiese Weskus-dorpie. Stil, met pragtige strande en loopareas, en ook 'n baie goeie Spar wat alles het wat mens nodig het."
"Yzerfontein is rustig. So rustig dat daar omtrent net een restaurant oop is tydens af-seisoen, so ek sou nie die avontuurlustige siele aanraai om daarheen te gaan nie. Vir 'n paar dae se afskakel is dit egter perfek. Die strand is pragtig wit en die dorpie is lekker stil."
"Absoluut verlief geraak op die plek! Die uitsig is stunning. Soveel lekker goed om te doen in die omgewing. Kaapstad is ook lekker naby."
"Besoek definitief Yzerbru en die bakkery daar langsaan. Beaches is 'n wonderlike restaurant."
"Te min restauarante, geen bootvaarte vir die sonsondergang of na Dasseneiland nie . Die eienaar van die Beaches-restaurant mis ‘n gulde geleentheid om die beste restaurant in die dorp te hê! Blakes en Skuim is ‘n welkome toevoeging tot die dorp."
"Yzerfontein bly die beste, rustigste en mooiste deel van die Weskus. Baie plek vir net jouself tot rus laat verkeer, en moedernatuur waardeer wat min mense deesdae tyd voor kry. Asemrowend. "
"Mooiste uitsig oor die dorp vanaf Atlantic Drive, genoeg restaurante en padstalle om te verken, Darling is naby genoeg vir ’n lekker daguitstappie met baie om te verken, maar die ontspanne en rustige atmosfeer en vriendelike mense is die ware prys."
"Yzerfontein en die omliggende area bied heelwat om te doen, behalwe net die strand en see. Dis beslis 'n kuier werd - selfs al gaan jy net vir die pragtige sonsondergang!"
"Ons sal vir seker Yzerfontein weer besoek. Dis ‘n pragtige dorp met die beste see-uitsig."