Verified Reviews
Yzerfontein
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Yzerfontein
Rated 4.7 out of 5 based on 768 reviews.
"Dorp en strand baie mooi, skoon en netjies en die nuwe winkelsentrum, in aanbou, sal 'n groot aanwins wees vir die dorp."
"Yzerfontein is die perfekte wegbreek. Daar is soveel om te doen in en om die dorpie. Behalwe vir die lieflike strand, waar jy kilometers ver kan stap, is die dorpie nog nie so groot, dat jy van die rustigheid verloor nie. Mens voel veilig en kan net skoene uitskop en ontspan."
"Yzerfontein lyk nou soos 'n upmarket high-density behuisingsprojek, maar die permanente inwoners is vriendelik en gasvry, die natuur is asemrowend, daar is interessante stappies en oulike winkels en restaurante. "
"Skoon lug en pragtige see-uitsig. Net die beste om die gemoed te kalmeer na 'n besige jaar."
"Maar 'n slegte ondervinding in die dorp se sentrale restaurant. Baie duur vir sulke klein porsies. Kelners benodig opleiding."
"Yzerfontein is so naby aan Kaapstad dat dit vinnig en maklik is om net 'n lekker wegbreek te hê."
"Yzerfontein het baie uitgebrei. Dit vat nogal iets van ‘n Weskusdorpie se atmosfeer weg. Die plaaslike Spar verkoop alles wat nodig is. Daar is ‘n heerlike soft-serve winkeltjie wat die roomys in sugar cone bakkies verkoop!"
"The weather in Yzerfontein is capricious and when the wind blows inland off the cold Atlantic sea it gets very cold - not just at night. Take warm clothing. We shivered rather miserably through our first few days till the weather improved and shot up to almost 40 degrees. There is a designated walk above the harbour which should not be missed. Nor should the local municipal garden with a plethora of west coast plants all neatly labelled for your further interest."
"Mooi natuurskoon, rustig en veilig. Naby Weskus Nas Park, Langebaan asook Darling. Goeie plek as basis om die omgewing te verken. "
"We went to Darling to the Voorkamerfees so did not spend much time in Yzer. However, we did a lovely walk on the beach."
"Dis 'n pragtig klein see dorpie met vriendelike mense en die natuur is pragtig. Daar is tot 2 volstruise wat soms rustig in die strate op en af stap."
"Beautiful town, fantastic walks, prolific bird life, an explosion of flowers and the most amazing red sea sunsets. "
"Baie sentraal naby die talle besienswaardighede in Darling, die Weskuspark, Langebaan, Clyb Mykonos en natuurlik, Paternoster. Hierbenewens voorsien Yzerfontein is alle basiese behoeftes met 'n voortreflike inligtingsburo. Die dorp is baie skoon en goed versorg, op die oog af veilig en geen karwagte nie."
"Dit sal wonderlik wees indien dit 'n klein dorpie kan bly en nie so gekommersialiseer raak soos dorpe deesdae aan die kus nie. "
"I have frequented Yzerfontein over the last 15 years and have seen the town grow. This time 2 new gems opened up: a bakery and Yzer Bru. Definitely worth a visit. Fish market mostly operational during the week but there is a fish shop (ask a local for directions). What I love most about Yzerfontein is that you can find homes with sea views and hear the ocean. Great beach walks and rock paths. Well worth a visit and proximity to Cape Town is great. "