Verified Reviews
Zululand
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Zululand
Rated 4.4 out of 5 based on 1073 reviews.
"Die dorp is besonder skoon en alles word na omgesien. Die netjieste plek wat ek nog in Suid-Afrika gesien het. Werklik iets om te gaan sien. Hulle plaas definitief 'n hoë premie op toerisme."
"Ons het ons uitstappie na Cape Vidal en Umfolozi baie geniet. Jammer om te sien dat die droogte ook daar so 'n groot impak op die natuur het."
"Jy benodig 'n permit om met jou voertuig tot op die strand te ry. 'n Beperkte aantal word uitgereik, en gevolglik tydens hoogseisoen staan mense al douvoordag in 'n tou om die permit te bekom. Die duik- en snorkelgeleenthede is fantasties."
"Sodwana is een van ons gunsteling plekke om vakansie by te gaan hou, die water is so mooi skoon en warm, die feit dat jy enige plek kan swem sorg vir genoeg spasie vir almal en die bosse om mens laat dit voel of jy die best of both worlds kry as jy soontoe gaan. Baie ontspannend en lekker. Doen beslis jou duikkursus as jy gaan, dis baie mooi daar onder. Maak ook 'n draai by Hluhluwe Game Reserve op 'n bewolkte dag. 'n Rhino Card is 'n MOET as jy Sodwana toe gaan - dit spaar jou baie geld. En as jy Hluhluwe Game Reserve toe gaan, maak seker jy vat dit saam anders is dit duur om in te gaan vir die dag. Die klomp karwagte is 'n pes, en maak jouself reg vir hulle om jou te storm elke keer as jy parkeer maar maak maar net vrede dat jy met dit gaan sit en wees ferm met hulle dat jy net een gaan tip. Sodra jy strand toe gaan is dit weer vergete. Die tou om by die strand uit te kom kan lank wees in besige tye maar niks te erg nie, die paar negatiewe goedjies is nie genoeg om alles wat lekker van die plek is te top nie. As jy met 'n 4x4 gaan moet mens defnitief bietjie gaan explore en 'n dag by Lake Sibaya gaan spandeer. Daar is soveel om te doen wat mens bietjie tyd in die natuur spandeer."
"Lieflike plantegroei. Pragtige dorpie. Net jammer van die baie mere wat nie water het nie weens droogte."
"Dam is prentjiemooi, oor damwal gery. Daar is 'n shopping mall. Nie baie ander dinge om te sien en te doen nie. Baie "rural" omgewing."
"Die beheer en KZN Wildlife kyk mooi na die plek, daar is sekuriteit orals en die dorpie is pragtig. Cape Vidal was een van die beste strande nog waarin ons geswem het, en ons was al by baie strande oor die wêreld."
"St Lucia is stunning! Die dierelewe maak dit 'n baie spesiale plek. Die seekoeie loop sommer in die aande in die dorp en gras vreet. Cape Vidal het die lieflikste strand. Definitief 'n plek vir natuurliefhebbers!"
"It's a once in a lifetime experience. Would highly recommend the turtle tours. Absolutely amazing."
"Sodwana kort net 'n vulstasie en ordentlike winkels. 'n Mens wil nie altyd betaal om ietsie te gaan koop by die winkel/Spar in die park nie. Maar as jy nie baie wil doen nie en net regtig wil ontspan is dit die regte plek. Vir die tieners is dit te stil en hulle raak verveeld."