Verified Reviews
Zululand
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Zululand
Rated 4.4 out of 5 based on 1073 reviews.
"Ons het slegs een aand oornag op ons roete verder Suid. Ons het dus nie die van dam of ander fasiliteite gebruik gemaak nie."
"Cape Vidal was definitief die hoogte punt. Die inligting sentrum was behoorlik nikswerd, maar Sonja by Lakeview het ons mooi gehelp met waarnatoe ons kan gaan en wat ons alles moet sien."
"Do not come here to sit around at home and do nothing. It is about getting out and about. We enjoyed the cruise on the estuary, driving around in the evening looking for hippos, enjoying the walk on the one main road, driving out the boardwalk, etc. There are so many outdoor activities, but be aware to fuel up as the drives out are a bit of a distance. The town is extremely small, but the lifestyle is really slow and calming if you are into nature, the beach and experiencing the natural and unspoilt outdoors."
"Mooi dorpie met lekker eetplekke. Die vleilande is pragtig en baie diere te sien in twee reservate. Die strande is skoon en nie oorvol nie. En die weer was heerlik warm in Julie!"
"Sodwana het nie groot winkels nie. Bring jou eie vleis. Daar is 'n Superspar in Mbazwana, so 12km weg."
"Pragtige ongerepte natuur. By hek na Cape Vidal. Klomp opsies van swem- en visvangstrande."
"Versteekte juweel. Mooiste omgewing en lekkerste eetplekkies. Moenie net verby ry Durban toe nie, stop vir 'n dag of 3."
"There is unfortunately not much to do in Richards Bay. Movies, beach and restaurant - fun farm not impressive and food expensive for what you get! Reptile Park very expensive, we were only there for our daughters Matric Dance & doubt if we will go to visit the town again."
"Soos meeste van ons paaie in SA is dit 'n ervaring om via die N2 te reis met talle vragmotors op die roete. Maar St Lucia self maak op vir al die slegte reis ervarings. Die dorp mag dalk te stil wees buite skoolvakansies maar ons het dit waardeer. Die pad na die strand toe is vervalle maar toegangsbeheer verseker dat die area veilig is. Die dorp is skoon en daar is meer as voldoende winkels en restaurante."
"Mtunzini is ‘n pragtige skoon en veilige dorp met volop geleentheid om voëls te kyk. Daar is ook goeie voëlgidse in die omgewing beskikbaar. Die dorp is baie rustig met 'n pragtige strand en reservaat."
"Eshowe is ‘n pragtige, skoon en veilige dorp met volop geleentheid om voëls te kyk. Daar is ook goeie voëlgidse in die omgewing beskikbaar."
"Beautiful. Natuurskoon. Een van die min plekke in Suid-Afrika wat sy natuur mooi skoon hou en niks agteruitgaan. "
"Die area is uniek en definitief die moeite werd om te besoek. Ons was net by St. Lucia, Cape Vidal. Daar is nog baie ander parke om te besoek waarby ons nie uitgekom het nie."
"Richardsbaai het baie uitgebrei van toe ons daar gewoon het. Groot inkopiesentrums is 'n pluspunt vir dae wat die weer nie saamspeel nie. Die strand is nie meer 'n aantrekking nie, dit het baie agteruit gegaan."
"Algeheel het al die restuarante in die dorp ons baie goeie diens en top gehalte kos voorsien. Reef & Dune Rest. Die Visserman - Wonderlike ontbyt en visvang charters. Fishermans - Jou vars seekosrestaurant, bietjie weggesteek reg by die Engen. Die strand was vuil en vol glasstukke. Die dames wat onder die bome gesit en niks doen het nie, het vir my gesê hulle werk vir Parkeraad en maak skoon. Dit was 'n klug. Daar kan meer gedoen word om van die staats-instansies mooi en beter plekke te maak."
"A great place to stay which is in close proximity to many interesting activities. "
"Very limited quality food offerings from the restaurants. Those restaurants that we visited, the hygine and the food quality was below the average."