Successfully reported
+17

Baobab Tent Camp

Tentekamp
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 10:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Essex Road, Gelncoe Farm, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Baobab Tent Camp is op 'n plaas naby Hoedspruit geleë en bied gehalte-verblyf wat ideaal is vir 'n paartjie, gesin of groep vriende. Die plaas is ook die tuiste van die tweede grootste Baobabboom in Suid-Afrika.

Die pragtige, rustige kamp beskik oor 6 tente met 'n uitsig op die Drakensberge in die noorde. Elke tent het 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens, 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak, sowel as 'n yskas, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Gehalte-linne en sagte handdoeke word voorsien.

Daar is 'n lieflike swembad waar gaste van die Laeveld-hitte kan ontsnap. Elke tent het sy eie braai-area en daar is 'n gemeenskaplike kombuis met 'n mikrogolfoond.

Die kamp spog met gratis WiFi sodat gaste hulle ervaring met vriende en familie kan deel. Die gewilde Boabab Restaurant is ook op die plaas geleë en net 5 minute se stap van die kamp af. 'n Gekookte of kontinentale ontbyt is teen ekstra koste beskikbaar, en braaipakke, roomys en koeldrank kan by die restaurant gekoop word.

Vars slaaie kan soggens by die restaurant bestel word en by jou tent afgelaai word om saans saam met jou braaivleis te geniet. Baobab Tent Camp is op die Panoramaroete en 45 minute se ry van die Krugerwildtuin af.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 51 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Susan R
Saam met lewensmaat
5.0
Baie gerieflik, netjies en skoon. Ons het baie lekker gebly in Boabad.
Sep 2025
Lynn J
Saam met lewensmaat
5.0
Loved it. It was really awesome. Relaxed and in the bush.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Gert O
Saam met lewensmaat
5.0
Genotvol, rustig, lekker ontspan. Baie vriendelike ontvangs. Ligging puik omdat dit naby die dorp is, maar ook ver genoeg is waar daar stilte is. Eenh...
Sien meer
Sep 2025
Jackie L
Saam met lewensmaat
5.0
Stil, rustig. Sal dit vir seker aanbeveel. Dit is 'n rustige, stil en baie netjies plek. Gasvrou baie vriendelik.
Sep 2025
Johan D
Saam met lewensmaat
5.0
Stil, rustig en lekker. Stiller as stil, dit was vreeslik lekker om niks te hoor nie, net voel die rivier en seekoeie in die rivier, stilte vir die si...
Sien meer
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Cecil Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 51

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Essex Road, Gelncoe Farm, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Gaste dink Baobab Tent Camp het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 850
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 850
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 10:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Essex Road, Gelncoe Farm, Hoedspruit, 1380, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa37441c23f1c4e86da1825c3f614bcf3d5b884e9ba701e0629afcc12fe696f0c126d47dca56df29e50d6f0ad77857e0ca338?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 51 5 1 5 Essex Road Gelncoe Farm 1380 Limpopo 021 201 8901 10:00-18:00 10:00 -24.3734125 30.8574847

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang