LekkeSlaap blog
Kategorie: Mpumalanga
Kastele in Suid-Afrika
Kastele is seldsaam in Suid-Afrika. As ek een sien wat soos ’n spookbeeld teen ‘n berg hang, moet ek altyd omdraai om wéér te kyk. My nuuskierigheid oor dié rariteite het die oorhand gekry en ek het op ’n soektog gegaan om ’n paar indrukwekkende kastele in ons land op te spoor. Party is regte […]
7 Boomhuise vir grootmense
Verbeel jou jy sit in die mik van ‘n reusboom, ʼn newel van mis omgewe jou, ʼn klammigheid slaan op uit die woud se blaartapyt en woel die aardse reuk van bas los, die swaar stilte van miljoene roerlose blare word meteens verbreek deur die gutturale roep van ʼn knysnaloerie hier by jou, en as jy jou kop draai om […]
10 Wilde foto’s en nog wilder feite
Diertjies, groot en klein, sterk en fyn, kom almal in Suid-Afrika voor. Ek het ’n paar van die pragtige wilde diere wat by ons lekke slaapplekke voorkom, gaan soek en ook ’n paar interessante brokkies oor dié bokkies en krokkies gekry. So pak jou verkyker, kamera, voëlkennerboek, stapskoene, sonskerm en sonhoed en gaan kyk watter […]
Pelgrimsrus: ’n delwersdorpie in die bosveld
Pelgrimsrus staan soos ’n toevallige gehuggie halfpad tussen Ohrigstad en Sabie. Hierdie wêreld se natuurskoon is so oorrompelend dat ’n mens soms jou oë moet toemaak om jou brein kans te gee om al die skoonheid te verwerk. Plek-plek lê plantasies soos lappieskomberse oor die golwende, groen heuwels en dit is een van die vele […]
‘n Wilde wittebrood
Droom jy van ‘n wittebrood waar julle omring is deur die pragtige bosveld? ‘n Plek waar jy gedurende die dag op wildritte kan gaan of met ‘n lugballon oor die vlaktes kan sweef? ‘n Lodge wat in die aand soos ‘n sprokiesplek lyk, verlig deur laterns en kerse? ‘n Intieme wegbreek in die wildernis? Ngama […]
Amsterdam in Afrika!?
Mpumalanga beteken “plek waar die son opkom” en sowaar as die son aan die hemel skyn, is dit een van die skilderagtigste plekke wat ek al ooit besoek het. Dié provinsie is nie net ryk aan natuurwonders nie, Mpumalanga het ook talle dorpe met naamgenote regoor die wêreld, van Nederland tot Brasilië tot Skotland! Amersfoort Hierdie […]