Geverifieerde Resensie
Beaufort West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Beaufort West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 1365 resensies.
"Mense op die dorp het ons ontvang met plattelandse vriendelikheid, wonderlike afsluiting van troue-naweek. Lekker-lekker."
"Nice town. Fairly clean. Got all the basic shops and food places needed. Friendly people."
"Die stormloop van bedelaars wat teen jou voertuig-ruite slaan en op jou gil maak werklik groot afbreek aan die dorp."
"Not really a travel destination in my book. But a good overnight spot."
"Solank mens nie laer as die eerste 4 of 5 blokke gaan nie, is dit goed. Verder af sowel as later in die dag raak dit touch and go. Steeds baie mooi, skoon dorp. "
"Die Gastehuis is geleë in 'n veilige en stil gebied met vriendelike ontvangs."
"Een ding wat my opgeval het van Beaufort-Wes, was dat letterlik al die huise in die middedorp soos klein tronkies lyk. 'n Mens word verskriklik lastig geval deur die rondlopers. Ek sal daar oornag, maar weet nie of ek sommer daar sal vakansie hou nie. Die plek is baie skoon en Afrikaans, waarvan ons baie hou."
"Te veel trokke wat deur die dorp ry, maar hoe verander mens dit sonder goeie spoordienste."
"Ons was beïndruk met die dorp se netheid en rustigheid wat ons ervaar het. Doen so voort. "
"Daar is definitief harde werk in Beaufort-Wes ingesit en die dorp is netjies en skoon. Definitief in 'n baie beter toestand as 'n paar jaar gelede. Welgedaan Beaufort-Wes gemeenskap!"
"Ek was geskok oor hoe baie vullis rondlê en die toestand van die terrein rondom winkelsentrums was skokkend. By Checkers was dit darem netjies en het ek my dank aan die bestuur oorgedra."