Geverifieerde Resensie
Bloemfontein
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bloemfontein bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 1512 resensies.
"Nie in die stad nie, maar nie te ver uit die middestad nie. Netjiese area met genoegsame koopsentrums en garages wat jou dus nie noop om alles in die stad te gaan doen nie. "
Universitas Ridge, Bloemfontein
Janmar"Dit is redelik sentraal geleë, naby die N1, winkelsentrums en universiteit. "
"Bloemfontein het in die laaste 15 jaar baie agteruit gegaan wat onderhoud betref. Dis nie meer die mooi Rosestad wat ons as studente onthou nie!"
"Al die winkels is binne loopafstand beskikbaar. Dit is vinniger om winkels toe te loop as om te ry. Baie gerieflike en sentrale area om te bly."
"Bloemfontein was altyd dié Rosestad van die Vrystaat en met harde werk en samewerking kan dit weer herstel word na sy ou glorie."
"Ons het die Vrouemonument daar naby besoek. Bloemfontein is 'n geskiedkundige stad met baie besienswaardighede wat almal die moeite werd is om te besoek. Ongelukkig het tyd ons ingehaal en sou ons langer wou vertoef om meer te sien."
"Kan nie oor Groenvlei kommentaar lewer nie omrede ek 'n kort rukkie daar was vir besigheid en nie as 'n toeris nie."
"Bloemfontein is die rosestad met mense met harte van goud. Bloem het en sal maar altyd 'n sagte plek in my hart het."
Universitas Ridge, Bloemfontein
Janmar"Universitas Ridge is 'n woonbuurt. Indien jy na restaurante soek of 'night life' soek is dit nie die plek vir jou. Maar indien jy rus soek of selfs 'n student of sakeman is wat stilte en rus soek, is die plek wonderlik. "